Central SA
Noord-Kaapse departement skep groot risiko vir pasiënte─── CHARNÉ VAN DER MERWE 14:43 Tue, 22 Apr 2025

Die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid word gevra om dringend in te gryp nadat die departement versuim het om die lisensie vir sy farmaseutiese depot te hernu.
Gevolglik kan die depot in Kimberley nie medisyne aan staatsinstellings dwarsoor die provinsie versprei nie, sê Isak Fritz, DA-LPW en woordvoerder oor gesondheid.
“Sonder ’n geldige lisensie is die depot nie veronderstel om in besit van voorraad te wees nie. Die depot kan dus nie voorraad op sy stelsel laai nie.”
Isak Fritz. Foto DA
Fritz sê medisyne mag ook nie uitgeteken en na ander fasiliteite versprei word nie. “Dit veroorsaak tekorte van noodsaaklike medisyne by gesondheidsinstellings en stel die gesondheid in gevaar van pasiënte wat van chroniese medikasie afhanklik is.”
Hy sê daar is geen aanduiding van hoe lank dit sal duur om die saak op te los nie.
“’n Tekorte aan medisyne in die Noord-Kaap is niks nuuts nie, maar is oor die algemeen veroorsaak deur die departement se versuim om sy verskaffers te betaal.
Medisyne-fiasko
“Deur sulke ernstige nienakoming van farmaseutiese regulasies skep die departement die risiko dat sy depot se lisensie teruggetrek kan word.”
Fritz het ’n brief aan Lekwene gerig om hom te vra om onmiddellik in te gryp en om die betrokke senior bestuur vir dié “medisyne-fiasko” aanspreeklik te hou.
Die DA het ook parlementêre vrae aan die LUR ingedien oor die beskikbaarheid van farmaseutiese middels en opknappings by die provinsiale mediese depot. “Ons wil veral weet by watter inrigtings medisynetekorte ervaar word, watter medisyne op die lyste van essensiële medisyne afwesig is, en wat die spesifieke oorsake van die onderskeie tekorte is.
‘Almal verdien toegang tot mediese behandeling’
“Ek het ’n brief aan die LUR gerig om onmiddellik in te gryp om hierdie saak op te los en om die betrokke senior bestuurder aanspreeklik te hou vir hierdie fiasko.”
Die DA het ook parlementêre vrae vir skriftelike antwoord aan die LUR ingedien oor die beskikbaarheid van farmaseutiese middels en opknappings by die provinsiale nediese depot. “Ons wil veral weet by watter instellings medisynetekorte ervaar word, watter medisyne van die lyste van noodsaaklike medisyne afwesig is en wat die spesifieke oorsake van die onderskeie tekorte is.”
Die gesondheid van pasiënte kan nie deur swak administrasie gyselaar gehou word nie, maan hy. “Almal verdien toegang tot mediese behandeling wat hul lewe kan red of die kwaliteit van hul lewe verbeter.”
OFM Nuus mvh