Central SA
Dossiere by polisiesersant gevind ná sy arres─── CHARNÉ VAN DER MERWE 13:57 Thu, 10 Apr 2025

’n Oos-Vrystaatse polisiesersant kom binnekort saam met twee medeverdagtes in die Bethlehemse landdroshof voor op aanklagte van bedrog en korrupsie van byna R130 000.
Die polisiesersant (42), ’n ander man (39) en ’n vrou (46) is Woensdag (9/4) tydens ’n groot optrede onder leiding van die polisie op Bethlehem in hegtenis geneem is, sê kapt. Lorraine Earle, provinsiale polisiewoordvoerder.
Die operasie, deel van ’n deurlopende projek teen korrupsie genaamd Fanta Orange, was toegespits op bedrog en korrupsie in die streek. Volgens Earle volg die inhegtenisneming op ’n bedrogsaak, wat op 26 Maart verlede jaar deur ’n plaaslike meubelwinkel aangemeld is nadat verdagte kredietaansoeke met behulp van vervalste dokumente aan die lig gekom het.
Dossiere wat gevind is. Foto verskaf
“Die bedrieglike transaksies het altesaam meer as R124 000 beloop.”
Die polisiesersant van Bohlokong-speurders het na bewering ’n staatsvoertuig gebruik om van die gesteelde goedere te vervoer, waarvan sommige direk by sy huis afgelaai is, sê Earle. Verdere deursoeking van die sersant se huis gelei tot die ontdekking van polisiedossiere, DNS-mondtoetsmonsters asook nog bewyse in voortgesette ondersoeke.
“Beamptes sê die sersant kon die ’n verduideliking gee waarom die die bewyse in sy besit gevind is nie. ’n Saak van regsverydeling is geopen, met moontlike skakels na ander voortgesette ondersoeke.”
‘Polisiebestuur is daartoe verbind om sy huis in orde te kry’
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, loof die beamptes wat by die optrede betrokke was en veroordeel die sersant se beweerde misdade ten sterkste. “Dit is uiters ontstellend en skandelik om te ontdek dat ’n lid van ons na bewering die mag misbruik wat deur die mense aan hom toevertrou is.
“Ons sal nie korrupsie duld nie, veral nie in eie geledere nie,” sê hy en voeg by die polisiebestuur is daartoe verbind om sy huis in orde te kry en die integriteit van die polisiediens te herstel.
Al drie verdagtes sal na binnekort in die Bethlehemse landdroshof verskyn.
OFM Nuus mvh