On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes vasgetrek ná rooftog in Bloemfonteinse juwelierswinkel

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 21:34 Thu, 20 Mar 2025

Verdagtes vasgetrek ná rooftog in Bloemfonteinse juwelierswinkel | News Article
Twee van die drie verdagtes wat glo ’n juwelierswinkel beroof het. Foto verskaf

Flinke optrede van die Vrystaatse polisie het gelei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes wat betrokke was by ’n rooftog in ’n winkelsentrum in die suide van Bloemfontein.

Nadere besonderhede oor waar die verdagtes aangekeer het, is nog nie bekend nie, sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder. Al drie kom na verwagting binnekort voor in die Bloemfoneinse landdroshof.

“Na bewering het twee onbekende mans die winkel Vrydag (20/3) omstreeks 10:30 binnegekom. Een van die verdagtes, bewapen met ’n 9 mm-vuurwapen, het die kassier by die toonbank genader en geëis dat die vertoonkaste met juweliersware oopgemaak word.”

Volgens Kareli is die kassier ook opdrag gegee om een van die werknemers te kontak om die nodige sleutels te bring. “Terwyl die gewapende verdagte die werknemers met ’n vuurwapen aangehou het, het die tweede verdagte ’n swart sak met juweliersware gevul.”

Die voertuig waarmee die verdagtes glo gevlug het. Foto verskaf

Kareli sê nadat die gesteelde items bymekaargemaak is, het die verdagtes die winkel verlaat deur ingang drie van die winkelsentrum. “’n Derde verdagte het buite die ingang wag, waarna van die toneel in ’n wit Toyota Corolla, met die registrasienommer LB67CG GP, gevlug is.”

Ondersoek deur ’n multidissiplinêre span het hulle na ’n huis in Rocklands gelei, waar die Toyota gewaar is. Drie mans (tussen 35 en 37) is aan gekeer. Die voertuig waarmee hulle die rooftog uitgevoer het, is vroeër vandeesweek by die Kagisanong-polisiekantoor as gesteel aangemeld.

Enigiemand wat kan help om die verdagtes op te spoor, moet speursers. Seme Monyake by 082 466 8530 nader. Die MySAPS-app kan gebruik word om inligting te deel. Bel Stop Misdaad by 08600 10111. Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

OFM Nuus mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.