On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Motief vir diefstal van liggame uit Kuruman-lykshuis onbekend

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:38 Thu, 20 Mar 2025

Motief vir diefstal van liggame uit Kuruman-lykshuis onbekend | News Article
Drie liggame is by ’n begrafnisondernemer op Kuruman gesteel. Foto: Facebook

Naasbestaandes van die oorledenes wie se liggame by ’n begrafnisondernemer op Kuruman gesteel is, hoop hul oorskot word gevind sodat hulle waardige begrafnisse vir hul geliefdes kan reël.

Noord-Kaapse polisie ondersoek ’n sakeroof nadat drie liggame Maandag (17/3) uit ’n privaat lykshuis op Kuruman gesteel is, onder wie dié van ’n tien dae oue baba, wat dieselfde dag ter ruste gelê sou geword het.

Die ander liggame behoort aan twee mans (37 en 60), wat die naweek begrawe sou geword het. Geeneen van die drie se identiteit is nog deur die polisie of die begrafnisondernemer Motheo Wa Bophelo bekendgemaak nie.

Veiligheidswag aangerand, vasgebind en geblinddoek

Twee onbekende mans het Maandag omstreeks 01:30 by die begrafnisondernemer ingebreek, sê lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder. “Hulle het die veiligheidswag se kamer binnegegaan, waar hulle hom aangerand, vasgebind en geblinddoek het.”

Terrence Maloyi, ’n familielid van een van die oorledenes, het aan die SAUK gesê die polisie het hulle Maandag laat weet van die inbraak by die begrafnisondernemer waar sy broer se liggaam gehou is. “Al wat ons wil hê, is om net sy liggaam terug te kry sodat ons hom die waardige begrafnis kan gee wat hy verdien.”

LEES OOK: Verdagtes gesoek ná diefstal by Kuruman-lyksbesorger

James Mangate, eienaar van die begrafnisonderneming, beskryf die voorval as “onmenslik” en “diep ontstellend” vir die naasbestaandes, hul personeel en die gemeenskap in die algemeen. “Ons werk saam met wetstoepassers, wat die saak ondersoek, en het ekstra ondersoekspanne en soekspanne ontplooi om die gesteelde oorskot op te spoor,” sê hy.

“Gegewe die emosionele impak, het ons maatskaplike werkers en godsdiensleiers betrek om ondersteuning aan die families te bied. Ons grootste hoop is die veilige terugkeer van die oorskot sodat die families hul geliefdes met waardigheid kan begrawe.

Hy beloof om hul streng veiligheidsmaatreëls verder te verskerp.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.