On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes gesoek ná diefstal by Kuruman-lyksbesorger

───   11:25 Tue, 18 Mar 2025

Verdagtes gesoek ná diefstal by Kuruman-lyksbesorger | News Article
Drie liggame is by ’n begrafnisondernemer op Kuruman gesteel. Foto: Facebook

Die polisie se misdaadondersoekdiens in die Noord-Kaap soek twee verdagtes wat by ’n privaat lykbesorger op Kuruman ingebreek en drie liggame gesteel het.

Twee onbekende mans het Maandag (17/3) omstreeks 01:30 by die begrafnisonderneming ingebreek en na die veiligheidswag se kamer gegaan waar hulle hom aangerand, vasgebind en geblinddoek het, sê lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die verdagtes het weggekom met drie liggame: twee volwasse mans en een babameisie. Die ondersoek duur voort. Intussen het Facebook-gebruikers die begrafnisdiens as Motheo wa Bophelo uitgeken.

Kock vra enigeen wat kan help om die verdagtes op te spoor, moet lt.kol. Doggy Magugu by 082 469 0578. Die MySAPS-app kan ook gebruik word om inligting te deel. Bel Stop Misdaad by 08600 10111 bel – alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Bejaarde se liggaam soek

In Desember het Mpumalanga se polisie bewerings afgemaak dat 23 liggame uit ’n lykshuis op Barberton gesteel is. Die publiek is gevra om seker te maak van hul feite voordat hulle gerugte op sosiale media versprei.

Maar in Augustus is ’n liggaam uit ’n graf in Limpopo gesteel toe iemand die kis oopgesny het om dit uit te haal, het Motlafela Mojapelo, Limpopo-polisiewoordvoerder, destyds aan AFP gesê.

’n Familielid van Modike Madedi (83) het die skokontdekking gedoen toe hulle na die dorpsbegraafplaas gegaan het om die graf voor te berei voordat hulle naasbestaandes en vriende daarheen sou gebring het.

Graf oopgegrawe

Die familielid het ontdek dat die baksteengraf met ’n swart granietgrafsteen oopgemaak is. ’n Gat is aan die kant gegrawe en die liggaam was weg.

Die polisie het gevra die gemeenskap moes kalm bly terwyl hulle die voorval ondersoek en om nie die gereg in eie hande te neem nie. Dit is nie bekend of die liggaam intussen opgespoor en die grafrower(s) aan die man gebring is nie.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.