On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie waarsku teen misdrywe oor Nuwejaar

───   10:11 Tue, 31 Dec 2024

Noord-Kaapse polisie waarsku teen misdrywe oor Nuwejaar | News Article
Vuurwerk is onderhewig aan streng reëls en regulasies. Foto ter illustrasie: ChatGPT

Geen wanordelike gedrag of drankgebruik in die openbaar sal tydens Nuwejaarsvieringe in die Noord-Kaap geduld word nie.

“As deel van ons veldtog om ’n veiliger feestyd te handhaaf sal streng beperkings ingestel word,” waarsku lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder.

Wetstoepassers sal seker maak mense hou by die reëls oor drankgebruik, onwettige straatrenne en die onregmatige gebruik van vuurwerk. “Die voorkoming van beserings en lewensverlies is vir ons belangrik,” sê hy.

Die Noord-Kaapse polisie vra drankhandelaars moet verseker hulle het die regte lisensie en verantwoordelik optree.

Daar sal streng opgetree word teen dronk mense. Foto: Pixabay

“Die polisie sal geen drankmisbruik in die openbaar duld nie,” waarsku Kock. “Diegene wat gevang word sal op die plek in hegtenis geneem word en die drank sal gekonfiskeer word.”

Kock sê onwettige straatrenne is ’n groot kopseer vir die polisie. “Dit is lewensgevaarlik. Motorbestuurders wat hulle hieraan skuldig maak sal met wetstoepassers te doen kry.”

Vuurwerk is onderhewig aan streng reëls en regulasies. “Ons doen ’n beroep op mense om enige onwettige bedrywighede aan te meld. Niemand mag sonder ’n permit vuurwerk gebruik nie.

Slegs volwassenes moet vuurwerk hanteer. Foto: Pixabay

Diegene met wettige permitte moet die volgende riglyne volg:

  • Kinders onder 16 jaar mag nooit vuurwerk sonder volwasse toesig gebruik nie.
  • Geen vuurwerk of klappers mag aan kinders onder 16 jaar verkoop word nie.
  • Geen klappers of vuurwerk mag binne 500 m van ’n gas- of petrolaanleg gebruik word nie.
  • Geen vuurwerk mag binne ’n gebou of naby enige openbare deurloop gebruik word nie.
  • Geen vuurwerk mag op ’n openbare plek of in ’n oord gebruik word nie.
  • Enigiemand wat vuurwerk verkoop moet ’n geldige permit daarvoor hê.
  • Vuurwerk mag net in aangewese gebiede gebruik word en nooit waar ’n klomp mense byeen is of binnenshuis nie.
  • Alle troeteldiere moet veilig gehou word wanneer vuurwerk afgevuur word.

Beskerm jou troeteldiere teen vuurwerk. Foto: Pixabay

Enigiemand wat inligting het oor die onwettige gebruik of verkoop van vuurwerk kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Stuur ’n SMS na 32211 of gebruik die MySAPS-app.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.