On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Laurika
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie vermeende bedrieërs van landboufirma op Prieska kry borgtog

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:48 Tue, 24 Dec 2024

Drie vermeende bedrieërs van landboufirma op Prieska kry borgtog | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die drie mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n Noord-Kaapse landboumaatskappy uit honderdduisende rande bedrieg het, se saak is tot 12 Februarie uitgestel.

Die drietal van Prieska is verlede week in die dorp se landdroshof op borg vrygelaat, sê lt.kol. Tebogo Thebe, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder. Schalk Pienaar (37) en sy vrou, Leolene (34), is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat, terwyl Patricia Booysen (34) borgtog van R300 toegestaan is.

Die beskuldigdes staan tereg op altesaam 39 aanklagte van korrupsie, 48 van bedrog en 78 van geldwassery nadat hulle na bewering die landboumaatskappy GWK uit R705 005 bedrieg het. Die beweerde misdrywe het tussen April 2020 en Oktober 2022 plaasgevind.

Die beskuldigdes het Woensdag (18/12) vlugtig verskyn ná hul inhegtenisnemings die vorige dag op afsonderlike plekke.

GWK se vulstasie op Prieska. Foto: Fuel Directory

Pienaar, wat as toesighouer by ’n GWK-vulstasie gewerk het, word daarvan aangekla dat hy sy vrou op bedrieglike wyse as ’n verskaffer aan die motorhawe geregistreer het, sonder om hul verhouding bekend te maak, soos vereis deur GWK se beleid, sê Thebe.

Pienaar het na bewering met sy kollega Booysen, ’n administratiewe klerk, saamgesweer om vervalste fakture ten gunste van sy vrou in te dien. “Nadat betalings in sy vrou se bankrekening gemaak is, is van die geld glo na Booysen se rekening oorgeplaas,” sê Thebe.

Pienaar het blykbaar bedank voor die saak ondersoek kon word, terwyl Booysen se diens beëindig is.

OFM Nuus het GKW om kommentaar genader.

OFM Nuus mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.