On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Oscar
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Huurmoordenaars op vrye voet; ma gevonnis vir dwelmverslaafde seun se moord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:51 Mon, 02 Dec 2024

Huurmoordenaars op vrye voet; ma gevonnis vir dwelmverslaafde seun se moord | News Article
Shayieda Dollie. Foto: X

Die huurmoordenaars wat ’n Oos-Kaapse ma gekry het om haar dwelmverslaafde seun om die lewe te bring vir sy lewensversekering, verkeer steeds op vrye voet.

Shayieda Dollie (51) is lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op Moegamat Thaafir Dollie (20). Sy was van plan om die versekeringsuitbetaling te gebruik om die moordenaars te betaal, sê Barry Madolo, Oos-Kaapse NVG-direkteur.

Dollie is tot tien jaar gevonnis vir sameswering om moord te pleeg en 25 jaar vir haar seun se moord, wat sy georkestreer het om ’n R2 miljoen-uitbetaling te eis.

Die misdaad op 28 Oktober is na bewering gemotiveer deur Dollie se frustrasie met haar seun se langdurige dwelmstryd en sy vreemde gedrag, sê Madolo. “Dollie het talle mense geraadpleeg wat voorgestel het sy kry ’n ‘blywende oplossing’ vir haar probleem.”

25 jaar vir haar seun se moord

Volgens haar getuienis het sy saamgesweer met twee mans , bekend as “Shaun” en “Oompie,” en moordenaars van Johannesburg gehuur om die moord te pleeg.

Die moord sou aanvanklik R80 000 gekos het, maar weens vertragings wou die huurmoordenaars eindelik R380 000 hê.

Dollie het haar seun onder valse voorwendsels na ’n “werksonderhoud” gelok, waar die huurmoordenaars hom ontvoer en later vermoor het. “Die versekeringsuitbetaling was bedoel om die koste van die misdaad te dek.”

Die tussengangers en die moordenaars is nog nie een aangekeer nie.

Gemotiveer deur  haar seun se langdurige dwelmstryd

“Tydens die hofverrigtinge het senior staatsadvokaat Ismat Cerfontein aangedring op ’n vonnis wat die wreedheid van die misdaad gepas sal weerspieël, en pas by die brutaliteit van ’n ma wat opsetlik die lewe van haar eie seun neem,” sê Madolo.

Hy het bygevoeg dit moet as ’n afskrikmiddel dien vir soortgelyke dade wat deur persoonlike gewin gemotiveer word.

OFM Nuus cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.