On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in twee minderjariges se sake in Vrystaatse howe verwag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:22 Sun, 05 Jan 2025

Verdagtes in twee minderjariges se sake in Vrystaatse howe verwag  | News Article
Twee verdagtes in hof verwag. Foto: Argief

’n Familievriend wat daarvan beskuldig word dat hy ’n minderjarige verkrag het, bly in aanhouding nadat hy nie borgtog toegestaan is nie.

Die verdagte (45) het vroeër die week in die Selosesha-landdroshof verskyn op ’n aanklag van verkragting. Die saak is egter tot Vrydag (10/1) uitgestel vir verdere navrae, sê sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder.

“Die ma van die slagoffer (14) het glo ‘n saak hangende gemaak nadat die minderjarige op Vrydag 27 Desember 2024 besig was om buite skottelgoed te was, toe sy die huis binnekom en begin huil.”

Uitgestel vir verdere borgtognavrae

Volgens Mpakane het die ma haar dogter begin ondervra waarna sy gesê het dat sy vermoedelik swanger is. “Die slagoffer is die volgende dag na ‘n hospitaal geneem waar toetse bevestig het dat sy wel swanger is.”

Mpakane sê die slagoffer beweer dat die verdagte, ’n vertroude familievriend, haar twee keer verkrag het – een keer in Junie en weer in September verlede jaar.

’n Saak van verkragting is geopen, wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het. Die polisie gaan voort met hul ondersoek.

By spoorlyn met nekwond gevind

In nog ’n voorval sal ’n Vrystaatse man vandeesweek in die hof verskyn vir die beweerde moord op ’n 11-jarige meisie.

Die verdagte (50) van Bohlokong, Bethlehem, is op Sondag (29/12) in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy die slagoffer omstreeks 10:30 na sy huis gelok en haar gevra het om sigarette vir hom te koop, sê ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

Nooit weer teruggekeer huistoe nie

“Die meisie het egter nooit weer teruggekeer huistoe nie en haar liggaam is later die dag naby 'n spoorlyn met ‘n nekwond gevind.”

Mmako sê seksuele aanranding word nie uitgesluit nie en ’n nadoodse ondersoek sal bepaal of sy verkrag is.

Die verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem en ’n saak van moord is aanhangig gemaak. Die hofdatum is nog nie bekend nie.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.