On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with James
Listen Live Streams

Central SA

Beskuldigde vrou in Vrystaat meer as ’n jaar later vir man se moord aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:27 Thu, 28 Nov 2024

Beskuldigde vrou in Vrystaat meer as ’n jaar later vir man se moord aangekeer   | News Article
Halimmah Thamando Mnyobisi, wat na bewering haar man vermoor het. Foto verskaf

’n Vrystaatse vrou is vasgetrek nadat sy langer as ’n jaar gelede op vlug geslaan het ná die beweerde moord op haar man.

Halimmah Thamando Mnyobisi (38) is een van vier verdagtes wat na bewering by die moord betrokke was, sê sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder. Sy kom na verwagting Donderdag (28/11) voor in die Botshabelo-landdroshof.

Die oorledene, Fezile Mnyobisi (35), se vrou het hom op 15 September verlede jaar na die Botshabelo-hospitaal geneem nadat hy meer as 30 steekwonde opgedoen het. Hy is met sy aankoms dood verklaar.

Halimmah Thamando Mnyobisi, net nadat sy in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Volgens Kareli is die polisie dadelik ontbied en ’n saak van roof en moord is by die Botshabelo-polisiestasie geopen vir verdere ondersoek. Ná ’n intensiewe soektog, onder leiding van ’n spesialisafdeling van die provinsiale kommissaris, is lasbriewe uitgereik wat gelei het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes.

Vusumuzi Daniel Nqele (43), Moeketsi Innocent Manko (35) en Abdool Thamando (35), die oorledene se swaer, is Vrydag 8 November aangekeer op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg. Die verdagtes is in aanhouding en sal na verwagting Dinsdag (3/12) om borgtog aansoek doen.

Kareli sê  aanvanklik is geglo Mnyobisi bestuur ’n swart Mazda CX-5 met onbekende registrasienommers, maar ná verdere ondersoek is vasgestel sy ry met ’n wit BMW.

OFM Nuus cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.