On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Leidrade wys: Vermiste tiener van Bethlehem leef

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:23 Mon, 25 Nov 2024

 Leidrade wys: Vermiste tiener van Bethlehem leef | News Article
Chrismari Kriek. Foto: Verskaf

Al kan Oos-Vrystaatse polisie geen nadere besonderhede bekendmaak oor hul soektog na ’n vermiste tiener van Bethlehem nie, wys opvolgleidrade sy leef.

“Al wat ek in hierdie stadium kan sê, is dat ons weet sy leef, maar die ondersoek is in ’n baie sensitiewe stadium, en ek wil nie te veel deel nie,” sê Christo Kiek nadat sy dogter, Chrismari Kriek (17), sedert Vrydag (22/11) vermis word.

Dié leerling aan die Bethlehem Voortrekker Hoërskool is Vrydag omstreeks 21:30 laas gesien by die huis waar sy gewoon het saam met haar ma, Mari Muller, wat op 16 Oktober aan ’n hartaanval oorlede is.

Hester Pelser, wat ’n gedeelte van die huis huur, het Chrismari die laaste gesien.

Kriek het hy sy dogter Vrydag tussen 17:00 en 18:00 gesien. Hulle het gereël dat sy die naweek by hom sou bly. Hy was veronderstel om haar op Saterdag (23/11) ná werk op te laai.

“Toe ek by haar was, het sy gesê sy wil haar ma se besittings uitsorteer en wegpak. Ek het haar versoek gerespekteer en gedink Hester sal daar wees om ’n ogie oor haar te hou.”

Hy het egter die volgende dag ’n boodskap gekry dat Chrismari nie by die huis is nie. “Ons vermoed sy het tussen Vrydag 22:00 en Saterdag 06:00 verdwyn omdat die sekuriteitskameras in die hoofslaapkamer ontkoppel is en die beeldopname uitgevee is.”

Christo sê hy weet nie of Muller se dood ’n rol in sy dogter se verdwyning speel nie, maar sê Chrismari was wel “in ’n emosionele warboel”.

Ten tyde van haar verdwyning was sy geklee in ’n swart T-hemp en denimkortbroek en het sandale aangehad.

Enigeen met inligting kan die polisie bel by 082 854 7546 of 08600 10111, of Christo Kriek by 083 267 6024.

OFM NUUS/Charne van der Merwe mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.