Central SA
Drie persone van belang in verkragtingsake gesoek─── CHARNÉ VAN DER MERWE 15:42 Fri, 22 Nov 2024
Die polisie in die Vrystaat en Gauteng is op soek na drie persone van belang in voortgesette ondersoeke na verkragtingsake.
Ficksburg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe mense se hulp met hul ondersoek na ’n beweerde verkragting op 30 Oktober, sê ao. Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.
Die slagoffer (30) was daardie Woensdag omstreeks 14:15 van Ficksburg af op pad huis toe, toe ’n onbekende man haar by by ’n treinspoor in ’n beboste gebied naby die plaas Imperani langs die R26 genader het.
Foto verskaf
Die man, wat ’n mes by hom gehad het, het die slagoffer van ’n onbekende bedrag kontant beroof en haar daarna verkrag. Die polisie ondersoek klagtes van roof en verkragting.
Enigiemand met inligting oor die persoon op die foto word versoek om die polisie op Ficksburg te bel by 084 318 9417, Stop Misdaad by 08600 10111, of ’n anonieme wenk met die MySAPS-app te stuur.
In ’n afsonderlike saak is Gautengse polisie opsoek na ’n man en vrou wat persone van belang is in ’n verkragting op 20 April in Vereeniging.
Foto verskaf
Hy glo die egpaar het inligting wat kan help met die voortgesette ondersoek, sê polisiewoordvoerder kapt. Tintswalo Sibeko.
Enigiemand met inligting kan 073 079 1467 of 016 450 2566 bel, Stop Misdaad by 08600 10111, of die MySAPS-app gebruik. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.