On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-polisie keer 1 181 verdagtes binne week aan

───   HEIDRÈ MALGAS 14:10 Tue, 19 Nov 2024

Noordwes-polisie keer 1 181 verdagtes binne week aan | News Article
Beamptes het het van Maandag tot Sondag altesaam 1 181 verdagtes as deel van Operasie Shanela aangekeer. Foto: Facebook

Noordwes-polisie beloof om misdaad dié feestyd met mening te bekamp.

Beamptes het het van Maandag (11/11) tot Sondag (17/11) altesaam 1 181 verdagtes as deel van Operasie Shanela aangekeer, sê Adele Myburg, provinsiale polisiewoordvoerder.

’n Groep verdagtes, onder wie 73 vermeende ongedokumenteerde buitelanders, is in hegtenis geneem vir uiteenlopende misdade: 47 vir verkragting, 15 vir moord, sewe vir poging tot moord, 278 vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en 36 vir algemene aanranding.

“Boonop is 14 vir dwelmsmokkelary vasgetrek, 40 vir onwettige drankhandel, 127 vir dwelmbesit, 17 vir inbrake by sake- en woonpersele, 37 vir onwettige mynbou, 29 vir opsetlike saakbeskadiging en 75 vir dronkbestuur,” sê Myburg.

Tydens die operasies het beamptes 174 persele deursoek. Foto verskaf

Tydens die veldtog het beamptes 174 persele, 3 302 individue en 1 451 voertuie deursoek. Hierdie pogings het gelei tot die beslaglegging op alkohol, kontant, elf vuurwapens, 762 rondes ammunisie, 24 selfone, 0,74 kg goud, plofstof, juweliersware, twee voertuie en verskeie dwelms en tabakprodukte.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris, beloof die polisie sal aanhou om saam te werk met ander wetstoepassingsagentskappe dwarsdeur die Platinumprovinsie om te verseker dat aan die man gebring word.

Misdaad neem gewoonlik toe tydens die feestyd. Volgens Armoured Mobility word die volgende misdaadneigings in Desember waargeneem:

  • Geleentheidsmisdade

Aktiwiteite soos sakkerollery, bagasieroof en diefstal van eiendom neig om toe neem tydens die somervakansie. Oorvol winkels en gewilde toeristeplekke is die hoofteikens vir misdadigers wat maklike geleenthede soek.

14 is vir dwelmsmokkelary vasgetrek. Foto: Facebook

  • Huisbrake

In woonbuurte is daar ’n toename in huisbrake, aangesien misdadigers munt slaan uit huiseienaars wat uitstedig is met vakansie.

  • Voertuigmisdaad

Motordiefstal, inbrake en kapings neem in Desember skerp toe. Misdadigers benut die groter aantal voertuie op die pad en herken die potensiaal vir gewin.

Bel 10111 om anoniem misdaadwenke by die polisie aan te meld. Voorvalle van afpersing kan by 080 091 1011 aangemeld word.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.