On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Tienerma los pasgebore baba by Bloemfonteinse hospitaal

───   HEIDRÈ MALGAS 08:45 Tue, 19 Nov 2024

Tienerma los pasgebore baba by Bloemfonteinse hospitaal | News Article
'n Saak van kinderverwaarlosing is geopen vir verdere ondersoek. Foto iOL

Kinderverwaarlosing word ondersoek nadat 'n 16-jarige ma haar pasgebore seuntjie by ’n hospitaal in Bloemfontein agtergelaat het.

“ ’n Maatskaplike werker het die baba op 30 Oktober in ’n Mangaungse hospitaal aangetref. Dit was dieselfde dag waarop ma en seun ontslaan is,’ se Peter Kareli, polisiewoordvoerder. “Mangaung-polisie is na die toneel ontbied en ’n saak van kinderverwaarlosing is geopen vir verdere ondersoek.”

Die saak is oorhandig aan sersant Nthabiseng Ranthako van die gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en oortredingseenheid. Pogings om die ouers se woonadresse te bevestig het nog nie sukses opgelewer nie.

“Die pasgebore seuntjie is aan ’n maatskaplike werker oorhandig. Daar sal potensiële inspeksies van moontlike huise wees voordat die baba in ’n volledig ondersoekte, veilige plek geplaas word,” sê Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat.

’n Maatskaplike werker het die baba op 30 Oktober in ’n hospitaal aangetref. Foto: UP 

Mvambi sê kinders is 'n verantwoordelikheid van die staat en sodra enige bevinding van mishandeling en verwaarlosing gemaak word, sal verantwoordelikheid vir kinders deur die staat oorgeneem word.

“Die baba was nie in ’n leë saal agtergelaat nie. Die moeder het nie die baba kom besoek nie, en toe dit opgemerk is, is sy gekontak, maar sonder sukses. Die maatskaplike werkers het selfs die selfoonnommers en adresse nagegaan wat sy by die klinieke waarvoor sy vir voorgeboortelike besoeke gegaan het, verskaf het, maar al die inligting was vals,” sê Mvambi.

Volgens Law for All is kinderverlating ’n strafregtelike oortreding, en kan iemand wat ’n kind ná geboorte verlaat, aangekla en vervolg word. Aanklagte kan die verberging van geboorte,  en selfs poging tot moord insluit.

Hoewel sogenaamde baba-kluise is onwettig is, word daar al meer hiervan gesien weens ’n toename in kinderverlatingsake.

News24 berig 118 babas is van Januarie tot Augustus 2020 by verskeie openbare hospitale regoor Gauteng agtergelaat.  

Die National Adoption Coalition of SA (NACSA) het beraam dat daar in 2010 ongeveer 3,500 babas onveilig agtergelaat is. 

Slegs 34 uit 83 baba’s wat in 2020 verlate gevind is, het oorleef. Hierdie syfers verteenwoordig slegs die gevalle wat by owerhede aangemeld word.

Geen amptelike statistieke word bygehou oor die koers van babaverlating in Suid-Afrika nie. Inligting  wat aan die hand van mediaberiggewing saamgestel is, dui slegs daarop dat 23 uit 43 baba’s wat tussen Januarie en Julie 2012 agtergelaat is, oorleef het.

Mense met inligting moet sers. Ranthakobel by 076 456 7717 of die polisiediens by 10111 kontak.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.