Central SA
Noord-Kaap skep 23 000 werksgeleenthede─── 13:30 Thu, 14 Nov 2024
Noord-Kapenaars wat ’n vaste werk het, het in die derde kwartaal van 314 000 tot 337 000 toegeneem.
Die Noord-Kaap het altesame 23 000 nuwe werksgeleenthede in die derde kwartaal van 2024 gevul.
Dr. Zamani Saul, die provinsie se premier, sê hy verwelkom dié positiewe resultate van die jongste kwartaallikse indiensnemingpeiling. Die provinsie het ’n merkbare afname in werkloosheid gesien, met ’n daling van 1,6 persentasiepunte.
LEES OOK: Northern Cape Premier pledges 60,000 jobs amid rising unemployment
“Dit is ’n belangrike stap om die provinsiale regering se doelwit om 60 000 werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar te skep, te bereik.”
Noord-Kapenaars wat ’n vaste werk het, het in die derde kwartaal van 314 000 tot 337 000 toegeneem. Werksgeleenthede is in die volgende sektore geskep: landbou, gemeenskapsdienste, finansies, vervoer, konstruksie en handeldryf.
“Met volgehoue belegging in kritieke sektore en ’n verbintenis tot die bou van 'n florerende ekonomie, is die provinsie op koers om sy visie van ’n moderne, groeiende en suksesvolle Noord-Kaap te verwesenlik,” sê Saul.
OFM Nuus mvh