On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-voedselvergiftiging: Dringende vrystelling van toksikologieverslae geëis

───   HEIDRÈ MALGAS 14:42 Wed, 13 Nov 2024

Welkom-voedselvergiftiging: Dringende vrystelling van toksikologieverslae geëis | News Article
Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, Mondli Mvambi. Foto verskaf

Die Vrystaatse departement van gesondheid het aangedring op die versnelde toetsing van kos en peuselhappies wat deur leerders van die Daluvuyo Laerskool in Welkom geëet is, toe byna 50 leerlinge siek geword het.

“Ons het nog nie die toksikologie-verslae ontvang nie, maar ons het versoek dat dit versnel word om die oorsaak van die vermeende voedselvergiftiging te bepaal. Ons wil hierdie saak met sekerheid hanteer en aannames vermy, aangesien vermoedens ons fokus kan ontwrig,” het Mondli Mvambi, die departement se woordvoerder, gesê.

Hy het waardering uitgespreek vir die omgewingspraktisyns wat hierdie kwessie prioritiseer, en die belang daarvan regoor die provinsie beklemtoon om sekerheid in voedselhantering te verseker. Hy het gesê kinders moet verseker wees van die veiligheid van die kos wat hulle koop.

‘Die uitslae sal ons in staat stel om beslissend op te tree’

OFM Nuus het voorheen berig ’n ondersoek is van stapel gestuur nadat amper 50 leerders van die Primêre Skool Daluvuyo in Welkom in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is toe hulle siek geword het van peuselhappies wat hulle by ’n spazawinkel gekoop het.

“Ons gesondheidswerkers koop ook kos by spazawinkels en straatverkopers, wat hulle ook kwesbaar maak. Ons primêre verantwoordelikheid is om veiligheid vir almal te verseker, en om hierdie verslae te bekom, sal ons in staat stel om beslissend op te tree," het hy bygevoeg. “Ons mik daarna om veiligheid vir almal te waarborg.”


Die departement sê waardevolle lesse is met die 2017 Listeriose-uitbreking geleer. Lesse wat, volgens Mvambi, nou toegepas word. “Ons wil die wortel van die probleem aanspreek deur gemeenskappe oor voedselhantering en goeie higiëne in te lig.”

Hy het gesê dis noodsaaklik om maatreëls vir beter higiëne en infeksievoorkoming konsekwent te handhaaf, nie net tydens ’n krisis nie.

‘Dit is hoe siektes versprei’

“Mense raak verskeie oppervlaktes aan, skud hande, en gebruik dieselfde hande om ander items te hanteer, sonder om die onsigbare organismes, wat hulle dalk insluk, raak te sien, en dit is hoe siektes versprei.”

Die leerlinge het skynbaar skyfies, koekies, lekkers en ander soetgoed geëet van ’n plaaslike spazawinkel en verkopers wat rondom die skoolperseel smous. Die polisie het die voorval bevestig.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.