On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Orkney-man kry lewenslank ná sy meisie se branddood

───   HEIDRÈ MALGAS 15:07 Thu, 24 Oct 2024

Orkney-man kry lewenslank ná sy meisie se branddood | News Article
Abram Bantikile Mokhutsane (31) is tot lewenslange tronkstraf, sowel as sewe jaar vir brandstigting gevonnis vir die moord op Mamosebetsi Suzan Thamae (42).

“Gesinsgeweld is ’n plaag wat die land verteer en wonde agterlaat wat nie genees nie.”

Die staatsadvokaat, Dibuseng Ntsala, het tydens die vonnisoplegging van ’n man van Orkney wat brandstof oor sy meisie uitgegiet en dit aan die brand gesteek het, ook gesê die misdaad was uiters wreed, onmenslik en sadisties.

Abram Bantikile Mokhutsane (31) is tot lewenslange tronkstraf sowel as sewe jaar vir brandstigting gevonnis vir die moord op Mamosebetsi Suzan Thamae (42), in Kanana, Orkney.

‘Hy het die brandstof oor haar uitgegiet waar sy lê en slaap’

Ná ’n rusie op 11 Maart verlede jaar het Mokhutsane na ’n vulstasie gegaan en ’n houer met brandstof gevul, sê Sivenathi Gunya, Noordwes-NVG-woordvoerder. Terwyl haar seun in die kamer langsaan geslaap het, het hy die brandstof oor haar uitgegiet waar sy lê en slaap het en dit aan die brand gesteek.

Toe die oorledene wakker skrif en skree, het haar seun die kamer binnegehardloop en sy ma in vlamme aangetref. Paramedici en brandbestryders is na die toneel ontbied, en sy is saam met die beskuldigde na die hospitaal geneem.

Die brand het haar woonplek en amper al haar besittings verswelg. Sy is die volgende dag in die hospitaal dood verklaar, volgens ’n nadoodse ondersoek aan ernstige brandwonde.

‘Hy is deur omstandigheidsgetuienis aan die voorval verbind’

Mokhutsane was in aanhouding sedert hy kort daarna in hegtenis geneem is. Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte en die hof beweer Thamae het haarself aan die brand gesteek, sê Gunya. 

Hy is deur omstandigheidsgetuienis aan die voorval verbind, aangesien niemand gesien het hoe hy die oorledene aan die brand steek nie.

Mokhutsane is in die hooggeregshof in Klerksdorp gevonnis toe die staatsaanklaer ook gesê het hy het artikel 11 van die Grondwet oortree deur die oorledene se lewe te neem.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.