On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Winburg boer in hegtenis nadat beslag op wapens, ammunisie gelê is

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:54 Fri, 04 Oct 2024

Winburg boer in hegtenis nadat beslag op wapens, ammunisie gelê is | News Article
Daar is ook op 1 133 patrone van verskillende kalibers beslag gelê. Foto: SAPD

“Covane het bygevoeg dat verdere ondersoek gelei het tot die ontdekking en konfiskering van ’n rewolwer en 1 133 patrone van verskillende kalibers.”

’n Boer van Winburg is in hegtenis geneem nadat sy vuurwapen gekonfiskeer is.

Tydens Operasie Vala uMgodi, wat deur die polisie in die Vrystaat uitgevoer is, is bevind dat die boer (47) se vuurwapenlisensies verval het, sê lt.kol. Thabo Covane, die polisiewoordvoerder.

Die Operasie Vala uMgodi-span in die Vrystaat het gefokus “op die verskerping van pogings om onwettige vuurwapens te verwyder en wapenbeheer te verbeter”. Intelligensie het die taakspan na twee plase gelei: Langverwacht in Winburg en Groenpunt in Boshof.

Die polisie het op die gewere en ammunisie beslag gelê. Foto verskaf

Volgens Covane is ’n saak van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie op Dinsdag (1/10) teen die boer aanhangig gemaak. “Twee jaggewere, 332 patrone van verskillende soorte, 201 leë doppe en vyf magasyne is in die besit van die boer van Winburg gevind. Die polisie het op die gewere en ammunisie beslag gelê.”

Covane het bygevoeg dat verdere ondersoek gelei het tot die ontdekking en konfiskering van ’n rewolwer en 1 133 patrone van verskillende kalibers. 

‘Die boer van Boshof is gevra om by die polisie aan te meld’

Tydens dieselfde operasie is daar op 'n ander boer se eiendom Woensdag (2/10) in Boshof toegeslaan. “Die polisie het beslag gelê op vier jaggewere, 41 leë doppe en 251 patrone.”

Volgens Covane was die boer van Boshof nie ten tyde van die klopjag op die eiendom teenwoordig nie en is hy gevra om by die polisie aan te meld. “Daar sal binnekort ’n arrestasie gemaak word,” het hy gesê.

Verdere ondersoek het gelei tot die ontdekking van ’n rewolwer. Foto verskaf

In 2022 het die hof eenparig beslis dat niks in die Wet op Vuurwapenbeheer verhoed dat ’n persoon met ’n vuurwapenlisensie dit kan hernu nie, soos deur Miller prokureurs berig.

Die polisie het beslag gelê op vier jaggewere. Foto verskaf

Ongeag die omstandighede waaronder besit verbeur is, hetsy deur vrywillige oorgawe of beslaglegging, is vuurwapeneienaars daarop geregtig om wettige besit van hul wapens te herstel deur om vir nuwe lisensies aansoek te doen.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.