On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Sewe mense koelbloedig in Noordwes vermoor, verdagtes steeds soek

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:21 Sat, 27 Jul 2024

Sewe mense koelbloedig in Noordwes vermoor, verdagtes steeds soek | News Article
Die misdaadtoneel bu Mdu se taverne in Kanana. Foto: iStock

“Die verdagtes het glo by die taverne aangekom op soek na Basotho-mense en toe net op die mense losgebrand. Al sewe slagoffers is op slag dood.”

Die verdagtes word steeds gesoek nadat sewe mense Saterdag in die vroeë oggendure by ’n taverne in Noordwes vermoor is.

Die sewe slagoffers, ses mans en een vrou, is volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, tydens ’n rooftog by die taverne geleë in Uitbreiding 13, Kanana, naby Orkney buite Klerksdorp, doodgeskiet.

Lt.genl. Sello Kwena, Noordwes-polisiekommissaris, veroordeel die moord op hierdie sewe individue ten sterkste.

“Die verdagtes het glo by die Mdu se taverne aangekom op soek na Basotho-mense (mense van Lesotho) en toe net op die mense losgebrand. Al sewe slagoffers is op slag dood,” sê Mokgwabone.

Die verdagtes het die taverne se kringtelevisiestelsels, van kontant en kliënte van hul selfone beroof voordat hulle van die toneel gevlug het.


Volgens Mokgwabone fynkam die polisie steeds die toneel.

“Die motief moet nog vasgestel word en nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Mokgwabone bygevoeg.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.