On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Twee vermeende koperdiewe in Bloemfontein aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:20 Sat, 27 Jul 2024

Twee vermeende koperdiewe in Bloemfontein aangekeer  | News Article
Die hoëspoed-jaagtog was egter van korte duur aangesien die pad reeds versper was. Foto verskaf

“Koperkabels ter waarde van ongeveer R200 000 is agter in die bakkie gevind.”

Twee vermeende koperdiewe sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Volgens sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes Vrydag (26/7) omstreeks 22:00 deur lede van die Bloemfonteinse blitspatrollie aangekeer nadat hulle gereageer het op ’n wenk oor ’n wit Ford Ranger-bakkie met insittendes wat verdag voorgekom het.

“Die beamptes het dadelik op die inligting gereageer en die voertuig opgemerk, wat hulle toe gevolg het. Toe die verdagtes besef hulle word agternagesit, het die bestuurder van die Ford Ranger probeer wegjaag,” sê Kareli.

Die hoëspoed-jaagtog was egter van korte duur aangesien polisielede van Parkweg en private sekuriteitsdienste reeds die pad na die N1 versper het.

Die verdagtes is gearresteer. Foto verskaf

Die twee mans, geïdentifiseer as onwettige buitelandse burgers, is 35 en 36 jaar oud. Hul voertuig is deursoek. “Koperkabels ter waarde van ongeveer R200 000 is agter in die bakkie gevind.”

Die verdagtes is gearresteer weens die beweerde besit van vermoedelik gesteelde koperkabel, diefstal van infrastruktuur en oortreding van die immigrasiewet.

Kareli het bygevoeg dat ondersoeke aan die gang is om die oorsprong van die gesteelde items uit die Oos-Kaapprovinsie, en hul voorgenome bestemming in Gauteng, te identifiseer.

Koperkabels ter waarde van ongeveer R200 000 is agter in die bakkie gevind. Foto verskaf

Kenhall-loodgieters gee raad oor hoe om te verhoed dat koper van jou eiendom gesteel word:

  • Belig dele goed waar koper sigbaar is.
  • Beveilig die eiendom met bykomende heinings of hekke om toegang te bemoeilik.
  • Installeer ’n kleurbindmetaalbedekking oor koper, waar moontlik.
  • Geverfde koper verminder volgens Kenhall-loodgieters die waarde en kan soms as ’n afskrikmiddel dien.
  • Gee aandag aan vakante eiendomme aangesien dit maklike teikens is.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.