On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Huisbrand op Upington eis sewejarige

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:04 Thu, 25 Jul 2024

Huisbrand op Upington eis sewejarige | News Article
Foto: iStock.

“’n Kind is dood, nadat ’n brand in ’n woongebied in Rosedale, Upington, ontstaan het.”

’n Kind is dood nadat ’n brand in ’n woongebied in Rosedale, Upington, ontstaan het.

Rosedale se polisie ondersoek ’n geregtelike doodsondersoek na aanleiding van ’n voorval waar twee huise vroeg Donderdagoggend (25/7) aan die brand geslaan het, sê ao. Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

“'n Sewejarige seuntjie is dood, en sy ma, wat ernstige beserings opgedoen het, is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling.”

‘’n Soldaat van Potchefstroom en twee kinders is Maandag dood’

Volgens Masegela het die brandweer daarin geslaag om die brand te blus. Die oorsaak daarvan is nog onbekend en sal deur verdere ondersoeke vasgestel word.

’n Soldaat van Potchefstroom en twee kinders is Maandag (22/7) dood, nadat hy glo die huis aan die brand gesteek het waarin hulle gewoon het.

Goitsemodimo Pampier het glo vir Nonzwakazi (Zwaki) Mdazuka (33), sy eksmeisie en die ma van sy kind, Maandag sewe keer met ’n mes aangeval, voordat hy hul huurhuis aan die brand gesteek het, sê ao. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Mdazuka is ook in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas’

Pampier het tydens die huisbrand gesterf, terwyl die twee kinders, Junior (7) en Molebogeng (2), wat aanvanklik uit die brandende huis gered is, met hul aankoms by die Pelonomi-streekhospitaal in Bloemfontein dood verklaar is, waarskynlik weens rookinaseming. Junior was Mdazuka se kind uit ’n vorige verhouding.

Mdazuka, wat by die departement van maatskaplike ontwikkeling in Bloemfontein werk, is ook in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Sy het die voorval oorleef en is Dinsdag (23/7) ontslaan.

Volgens Kareli het Pampier (35) Maandag omstreeks 18:00 die huis in die Chris Hani-woonbuurt in Bloemfontein binnegegaan. Pampier het na bewering Mdazuka in sy motor agter die huis ingewag om van die werk af terug te keer.

‘Mdazuka het haar twee kinders vir hul veiligheid in ’n kamer toegesluit’

“Met Mdazuka se aankoms by die huis het Pampier glo die huis binnegestorm. ’n Onderonsie het ontstaan waartydens Mdazuka sewe keer gesteek is – vyf keer in die bors en twee keer in die rug. Voordat die rusie begin het, het Mdazuka na bewering haar twee kinders vir hul veiligheid in ’n kamer toegesluit.”

Volgens Kareli het Mdazuka daarin geslaag om uit die huis te vlug waarna Pampier homself en die kinders in die huis toegesluit het. “Die soldaat het toe na bewering die huis aan die brand gesteek.”

Die Kopanong-polisie is na die toneel ontbied en ondersoek twee sake van moord en een saak van poging tot moord. ’n Lykskouing word gedoen, saam met ’n ondersoek om die oorsaak van die brand te bepaal.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.