On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Ongeïdentifiseerde Noord-Kapenaar se mense gesoek

───   CASEY-LEE ANTHONY 14:02 Thu, 25 Jul 2024

Ongeïdentifiseerde Noord-Kapenaar se mense gesoek | News Article
Ongeïdentifiseerde man van Samaria. Foto: Verskaf.

“Hy is verward langs die pad gevind sonder identifikasie by hom.”

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid vra die publiek se hulp om die familie van ’n ongeïdentifiseerde man te vind wat onlangs opgeneem is in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley. 

Die man is glo 50 jaar oud en is op 12 Julie deur paramedici in die hospitaal ingebring, sê Lulu Mxekezo, woordvoerder. Hy is verward langs die pad gevind sonder enige identifikasie by hom.

Kimberley Department of Health seeks assistance finding missing patient

Die pasiënt ondergaan mediese assesserings in die mediese saal. Hy het intussen gereageer, maar is steeds verward.

Maatskaplike werkers kon inligting insamel dat hy by in die informele nedersetting Samaria woon.

Enigiemand wat die pasiënt of sy familie ken of enige inligting het, word versoek om die maatskaplikewerk-eenheid van die hospitaal by 053 802 2703 te bel.

‘Daar is geen wagtydperk om ’n vermiste persoon aan te meld nie’

Die polisie sê wanneer ’n geliefde vermis word, is dit ook belangrik om daarop te let dat daar geen wagtydperk is om ’n vermiste persoon aan te meld nie. Doen dit dadelik by jou naaste polisiekantoor.

• Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik;

• Gee ’n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste verblyfplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help;

• Voltooi en onderteken ’n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en vrywaar die polisie om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei;

• Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar kan word.

• Indien ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die Buro vir Vermiste Persone in kennis te stel dat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel verwyder kan word.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.