On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Familie van Barkly-Wes kort hulp ná huisbrand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:35 Mon, 22 Jul 2024

Familie van Barkly-Wes kort hulp ná huisbrand | News Article
Die gesin is ná die brand deur die gemeenskap ondersteun. Foto verskaf

“Die brand het glo op die boonste verdieping van die huis ontstaan waar ’n vrou van 88 jaar oud geslaap het.”

’n Familie van Barkly-Wes in die Noord-Kaap het alles verloor nadat die huis waarin hulle gewoon het, aan die brand geslaan het.

Ina Boshoff, eienaar van die huis, het Sondag (14/7) omstreeks 19:00 ’n oproep ontvang van ’n buurvrou dat die huis wat hulle sedert 2018 by haar huur, aan die brand is. “Die brand het glo op die boonste verdieping van die huis ontstaan waar ’n vrou van 88 geslaap het.”

Die bed op die boonste verdieping het tydens die brand op die grondvloer geval. Foto verskaf

Sy kan in hierdie stadium nie veel inligting verskaf oor die oorsaak van die brand nie, omdat die versekering nog sy ondersoek doen. Sy het egter bevestig dat geen misdaad vermoed word nie.

“Die bejaarde vrou het wakker geword van die vuur en rook en hulp ontbied. Haar dogter en skoonseun woon ook in die huis.

“Die skoonseun het probeer om die tannie, haar kat en voël so gou moontlik uit die huis te kry. Die brand het toe reeds die hele boonste verdieping vernietig.” Die boonste plafon en die sitkamervloer op die onderste verdieping is van hout gemaak. 

Die vrou en haar troeteldiere is veilig uit die huis gekry. Foto verskaf

Boshoff wat ook ’n gastehuis op die dorp besit, het die gesin vier dae daar laat bly. Hulle het intussen ’n nuwe huurhuis gekry.

Sy is verbaas oor die gemeenskap se ondersteuning op en om Barkly-Wes, en selfs die Spar het kos vir die gesin gegee terwyl hulle in die gastehuis gebly het. 

Alles behalwe die kombuiskaste is vernietig. Foto verskaf

“Die gesin het reeds linne en beddens, maar kort nog klere, kos, kombuisware en matte.”

Die VF Plus Noord-Kaap het ook met die hulp van die gemeenskap die gesin gehelp en ondersteun.

Die brand het glo op die boonste verdieping van die huis ontstaan. Foto verskaf

“Dis ’n bewys van ’n gemeenskap wat saamgestaan en hul hande en hart oopgemaak het.”

Die familie verkies om anoniem te bly.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.