On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Soektog verskerp ná verkragting van Bloemfonteinse vrou (65)

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:06 Tue, 16 Jul 2024

Soektog verskerp ná verkragting van Bloemfonteinse vrou (65) | News Article
Drie verdagtes ná die verkragting van ’n Bloemfonteinse vrou (65) gesoek. Foto: X (Twitter)

“Die verdagtes het toe kontant gesteel en een van hulle het die bejaarde vrou in die huis verkrag voordat hulle haar na buite gesleep en weer verkrag het.”

Die Vrystaatse polisie het hul soektog verskerp na drie verdagtes ná die verkragting van ’n vrou (65) van Bloemfontein.

Die gru-voorval het Saterdag (13/7) in die vroeë oggendure by die vrou se huis in Bergman Square plaasgevind. Die vrou het by familielede gerus ná voorbereidings oornag vir die begrafnis van ’n geliefde, sê Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Haar kleinseun (15) is in die kop en arm gesteek’

Omstreeks 03:00 het drie onbekende mans, gewapen met messe by die huis ingebreek. Die indringers is reguit na die vrou se slaapkamer, waar hulle geld geëis het.

Tydens die aanval is haar kleinseun (15), wat langs haar geslaap het, in die kop en arm gesteek is. Die verdagtes het toe kontant gesteel.

Een van hulle het die vrou in die huis verkrag voor hulle haar na buite gesleep en weer verkrag het. Die oortreders het toe elektronika uit die huis geneem voordat hulle van die toneel gevlug het.

Die vrou het om hulp geskree en bure het haar te hulp gesnel, maar die verdagtes het reeds ontsnap. Die polisie is na die toneel ontbied.

Kareli sê die polisie ondersoek sake van roof en verkragting. Enigiemand met inligting wat tot die oortreders se inhegtenisneming kan lei, word versoek om sers. Nombi Peter van die Mangaung-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by 083-383-6969 te nader of hul naaste polisiekantoor te besoek.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.