On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste meisie (16) van Odendaalsrus veilig gevind

───   HEIDRÈ MALGAS 10:54 Sun, 14 Jul 2024

Vermiste meisie (16) van Odendaalsrus veilig gevind | News Article
Kelebogile Joy Majoro is veilig gevind. Foto verskaf

“Kelebogile Joy Majoro is gevind in ’n oop veld in Kutloanong, Odendaalsrus.”

Die meisie (16) van Odendaalsrus wat deur haar ouma as vermis aangemeld is, is amper 'n week later veilig en lewendig gevind.

“Kelebogile Joy Majoro is gevind in ’n oop veld in die K4-afdeling van Kutloanong in Odendaalsrus op Saterdag (13/7),” sê Stephen Thakeng, polisie-woordvoerder.

Dit het gekom nadat ’n uitgebreide soektog geïnisieer is. “Elke leidraad is opgevolg deur die ondersoekspan, gelei deur Kaptein Kaiser Chalube.”

OFM Nuus het voorheen berig Majoro is omstreeks 10:00 Sondag (7/7) die laaste keer in Kutloanong gesien. “Majoro het haar ouma, Motlalentoa Alina Botipe, ingelig dat sy haar ma in Blok 1 van Kutloanong gaan besoek.”

“Toe Botipe egter om 13:00 Kelebogile se ma skakel om haar veilige aankoms te bevestig, het sy gehoor dat Kelebogile nooit daar aangekom het nie.”

Die polisie het die ondersoek gesluit.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.