On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater gevonnis vir moord op vrou se kêrel

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:24 Mon, 01 Jul 2024

Vrystater gevonnis vir moord op vrou se kêrel | News Article
Hartstogsmisdaad eis twee. Foto: iStock

“Die slagoffer het probeer weghardloop, maar in die buurman se erf inmekaargesak weens verskeie steekwonde.”

’n Man van Odendaalsrus is tronkstraf opgelê nadat hy sy vrou se kêrel vermoor het.

Die verdagte, Sehlabo Makhakhe (33), is Vrydag (28/6) tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy op 14 Augustus verlede jaar sy vrou se kêrel (31) met ’n mes doodgesteek het, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Die polisie is op die betrokke aand omstreeks 22:00 na ’n huis in Kutlwanong ontbied. Daar gekom, het hulle op ’n plas bloed en ’n mes (die moordwapen) afgekom.”

‘Sonder om enige vrae te vra het hy die oorledene met ’n mes begin steek’

Makhakhe het na bewering sy vrou by ’n vriendin se huis gaan soek toe hy haar en die oorledene op die grasperk sien sit en gesels. “Makhakhe het sonder om enige vrae te vra die oorledene met ’n mes begin steek. Die slagoffer het probeer weghardloop, maar in die buurman se erf inmekaargesak weens verskeie steekwonde,” sê Kareli.

Die bure het met die slagoffer na die plaaslike hospitaal gehaas, maar hy is met sy aankoms dood verklaar. Die verdagte het intussen van die toneel gevlug en by ’n huis in K5 Kutlwanong weggekruip, maar is ’n paar uur later in hegtenis geneem.


In ’n soortgelyke hartstogsmisdaad is ’n man van Hanover in die Noord-Kaap op 21 Junie lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy meisie.

Die beskuldigde, Tracy (Pes) Wilson (35), het sy meisie (34) op 7 Januarie ná ’n woordewisseling met ’n mes doodgesteek, sê kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder. “Die oorledene het glo die aand van die voorval saam met haar suster en vriende uitgegaan, maar Wilson het besluit om by die huis te bly.

“Toe die oorledene later die aand by die huis kom, het die paartjie glo baklei, waarna hy haar toe vermoor het.”

Die hof het die beskuldigde skuldig bevind en hom tot 25 jaar gevangenisstraf vir moord gevonnis en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.