On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater is DA se nuwe hoofsweep in Nasionale Vergadering

───   HEIDRÈ MALGAS 15:04 Wed, 03 Jul 2024

Vrystater is DA se nuwe hoofsweep in Nasionale Vergadering  | News Article
George Michalakis, nuwe DA-hoofsweep in die Nasionale Vergadering. Foto: Kekeletso Mosebetsi

“George Michalakis, ’n ervare politikus en prokureur van die hooggeregshof, bring ’n rykdom van ervaring na sy nuwe rol.”

Die DA het sy nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering aangestel en die keuse het geval op ’n Vrystater.

“George Michalakis, ’n ervare politikus en prokureur van die hooggeregshof, bring ’n rykdom van ervaring na sy nuwe rol,” sê John Steenhuisen, DA-leier en nuwe landbouminister. “Die DA dra sy hartlike gelukwense oor aan Michalakis met sy aanstelling as die party se nuwe hoofsweep in die Nasionale Vergadering.”

Michalakis volg Siviwe Gwarube op, wat sedert 2022 die amp beklee het. Gwarube is Woensdag (3/7) ingehuldig as die nuwe minister van basiese onderwys.

‘Parlementslid in die Nasionale Raad van Provinsies vir die Vrystaat’

Sy politieke loopbaan sluit onder meer diens in as ’n parlementslid in die Nasionale Raad van Provinsies vir die Vrystaat van 2014 tot 2024. Hy was ook ’n Lejweleputswa-distriksraadlid van 2011 tot 2014.

“Vanweë sy passie en onwrikbare toewyding tot die bevordering van Suid-Afrika het Michalakis hom gevestig as ’n gesiene parlementariër,” sê Steenhuisen. Die DA is vol vertroue in sy vermoë om die party se agenda in die Nasionale Vergadering te bevorder.

“Ons wens George Michalakis sterkte toe in sy nuwe rol as hoofsweep,” sê Steenhuisen. “Ons is seker dat sy ervaring en toewyding groot voordele vir ons land gaan inhou.”

‘Groot eer en voorreg’

“Die kans om ’n baie bekwame DA-koukus te help lei, met baie van hulle jong Suid-Afrikaners wat baie omgee vir ons land, is ’n groot eer en voorreg,” sê Michalakis.

Hy meen die taak om seker te maak dat die koukus waar hulle regeer, dit effektief doen, en waar hulle steeds ’n toesigrol het, dit in belang van die land uit te voer, ’n balanseertoertjie sal wees.

‘Ons sal saamwerk as ’n eenheid’

“Maar ons sal saamwerk as ’n eenheid, as ’n bekwame koukus, om seker te maak dat ons al ons verskillende rolle in belang van die land en na die beste van ons vermoëns vervul.” 

Hy sê dis ’n absolute plesier en voorreg om alles te koördineer en hy sien daarna uit om hierdie rol ten volle te vervul.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, sê die DA in die Vrystaat is trots op die aanstelling van iemand uit hul eie gelederee en dat dit ’n groot eer is.

OFM Nuus/Heidrè Malgas dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.