On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Entertainment

‘Raakprater’ Amore Bekker gesels oor skryfwerk – VIDEO

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:29 Wed, 03 Jul 2024

‘Raakprater’ Amore Bekker gesels oor skryfwerk – VIDEO | News Article
Amore Bekker. Foto: Facebook

“Wat ‘n fees! Dis goed georganiseerd. Dis my derde jaar by die Vryfees en ek gaan defnitief weer terugkom! "

Dis nou al net meer as ’n jaar sedert sy weg is by RSG en nou geniet sy haar vrye tyd waar sy die land vol reis en haar eie ervarings deel.

Amore Bekker, skrywer en radiopersoonlikheid, is vanjaar weer by die Vryfees, hierdie keer om oor die boek, Ek het ‘n Engel gesien, te gesels. “Die boek bevat 72 van mense se ervarings met engele. Toe ek nog by RSG was, het ek luisteraars gevra om hul ontmoetings met engele te deel. Die terugvoering was oorweldigend."

‘Ek is mal oor dié woord’

Nadat sy die radiostasie ná 20 jaar verlaat het, verwys Amore deesdae na haarself as ’n “raakprater”. Sy vertel laggend dat sy nie eintlik weet wat die woord beteken nie. “Die eerste funksies ná ek weg is by RSG was by die Rubicon Village in Mbombela en daar het Driekie Heiberg, die bestuurder, my voorgestel as ’n ‘raakprater’. “Ek is mal oor dié woord. Dit is iemand wat praatjies lewer en dinge raakpraat.”

Amore praat met lof oor die Vryfees en sê dat sy die fees baie geniet en veral die kos. “Wat ‘n fees! Dis goed georganiseerd. Dis my derde jaar by die fees en ek gaan defnitief weer terugkom! Die mense in Bloemfontein is so vriendelik, ek het nog nie een ontmoet wat nie gelukkig is nie.”

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.