On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

21 weens onwettige mynbou, immigrasie in Noord-Kaap vasgetrek

───   11:00 Sat, 29 Jun 2024

21 weens onwettige mynbou, immigrasie in Noord-Kaap vasgetrek | News Article
Van die verdagtes kom van Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek. Foto verskaf

“Verdagtes het moontlik mynbou- en immigrasiewette oortree.”

Die Noord-Kaapse multidissiplinêre projek om onwettige mynbedrywighede te bekamp, Operasie Vala Umgodi, het tussen Woensdag (26/6) en Vrydag (28/6) rondom Kimberley en in Namakwaland begin. 

Die operasie het gelei tot die inhegtenisneming van 21 verdagtes weens die oortreding van die mynbou- en immigrasiewette.

Operasie Vala Umgodi is toegespits op die bekamping van onwettige mynbedrywighede. Foto verskaf

Die spanne, bestaande uit polisiebeamptes, die SANW en immigrasiedienste het intelligensie-gedrewe operasies in Colville in Kimberley en Belbank in Windsorton in Griekwaland-Wes uitgevoer. Altesaam 21 verdagtes is in die Koingnaas- en Bontekoi-myngebied in Namakwaland in hegtenis geneem. 

Sakke wat moontlik diamantdraende gruis bevat. Foto verskaf

Van die verdagtes kom van Zimbabwe, Lesotho, Mosambiek. Hulle is weens onwettige mynbedrywighede aangekeer, of as ongedokumenteerde immigrante.

Daar is beslag gelê op myntoerusting en sakke wat vermoedelik diamantdraende gruis bevat.

Daar is beslag op myntoerusting gelê. Foto verskaf

Die verdagtes sal na verwagting binnekort voor die onderskeie landdroshowe verskyn.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.