On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Moordsaak teen bejaarde Noordwes-mans uitgestel nadat hulle nie opdaag

───   ZENANDE MPAME 09:23 Sun, 23 Jun 2024

Moordsaak teen bejaarde Noordwes-mans uitgestel nadat hulle nie opdaag  | News Article
Nie een van die beskuldigdes het gereageer toe hul name in die tronk uitgelees is nie.

“Hul families het alternatiewe adresse verskaf waar hulle sou woon as hulle borgtog kry.”

Die moordsaak van twee mans van Jerigo in Noordwes is tot Dinsdag (25/6) vir borgtogaansoek uitgestel.

Jeremiah Mmatli (75) en Daniel Madumo (92) het versuim om Vrydag (21/6) in die Brits-landdroshof te verskyn, al was hulle in aanhouding.

Nie een van die beskuldigdes het gereageer toe hul name in die tronk uitgelees is nie, daarom is hulle nie na die hof gebring nie.

‘Dit was donker en hulle het gedink dit is ’n rower wat by die ouetehuis inbreek’

“Dit was nie die eerste keer wat die twee beskuldigdes nie in die hof verskyn het nie. Mmatli en Madumo bly weens hul ouderdom in die hospitaal van die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria,” het Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

“Die twee was veronderstel om Vrydag (21/6) om borgtog aansoek te doen, maar hulle was 'n ‘no-show’ in die hof.”

Daar word beweer ’n bakleiery het Donderdag (30/5) in die vroeë oggendure tussen die verdagtes en die slagoffer uitgebreek in hul ouetehuis. Godfrey Motsepe (80) was in die vroeë oggendure na die badkamer toe hy na bewering vir Mmatli en Madumo, wat ook daarheen gegaan het, gestamp het.

Motsepe is na bewering daarna met krukke geslaan. Die tweede verdagte het by sy vriend aangesluit en albei het die slagoffer aangerand. Motsepe het kopbeserings opgedoen. Die verdagtes beweer dit was donker en hulle het gedink dit is ’n rower wat by die ouetehuis inbreek.

“Die slagoffer is per ambulans hospitaal toe vervoer en by aankoms is hy dood verklaar. Tydens die onderonsie is die eienaar van die ouetehuis in kennis gestel en die polisie is na die toneel ontbied.”

“Die twee is gearresteer en hul eerste hofverskyning was Vrydag 7 Junie.”

‘Hulle het gesukkel om by die beskuldigdebank in te kom’

News24 het berig die mans het broos gelyk aan die begin van Junie tydens hul eerste hofverskyning. Hulle het gesukkel om by die beskuldigdebank in te kom, elkeen met ’n enkele kruk.

Mmatli en Madumo het, ná bystand van die hofordonnans, effens vooroor in die beskuldigdebank gestaan terwyl die staat die aanklagte voorgelees het.

Die aanklaer het vroeër kommer uitgespreek oor of die beskuldigdes na die ouetehuis sal terugkeer as hulle op borgtog vrygelaat word. Die beskuldigdes se regshulpprokureur, Katlego Moagi, het egter gesê hul gesinne het alternatiewe adresse verskaf waar hulle sou woon indien borgtog toegestaan word.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.