On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Williston-man gevonnis wat familielid verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:21 Tue, 04 Jun 2024

Williston-man gevonnis wat familielid verkrag | News Article
Foto: iStock

“Die slagoffer is met ’n mes gedreig, voordat sy verkrag is.”

’n Man van Williston in die Noord-Kaap is 28 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n minderjare familielid verkrag het.

Danksy Calvinia se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe se deeglike werk, is Arrie van Wyk (52) lewenslange tronkstraf opgelê in die Williston-streekhof, sê sers. Timothy Sam.

“Van Wyk is skuldig bevind aan verkragting, nadat hy op 27 Junie 2023 ’n 17-jarige meisie verkrag het. Die slagoffer het van ’n vriend se huis af gestap toe die beskuldigde, wat haar oom is, haar na sy huis genooi het.”

‘Sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word’

Volgens Sam het Van Wyk die slagoffer met ’n mes gedreig waarna hy haar verkrag het.

Van Wyk is tot 28 jaar gevangenisstraf gevonnis vir verkragting waarvan ses jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is. “Daar is ook opdrag gegee dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit,” sê Sam.

Speurkonst. Anthony Willemse, ondersoekbeampte van die Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het die ondersoekwerk gedoen en verseker dat geregtigheid vir kinderslagoffers geskied tydens en na Kinderbeskermingsmaand.

‘Die kinders is gedwing om gereeld drank te misbruik’

In 2019 is ’n pa van Bloemfontein swaar gestraf nadat hy sy eie dogter verkrag en haar ook voor een van haar vriendinne betas het. Die werktuigkundige (36) van ’n woonwapark in Bloemfontein is vir 20 jaar tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van verkragting, aanranding, seksuele aanranding en die blootstelling van ’n minderjarige aan seksuele dade.

Dit het in 2018 begin, nadat sy dogter (toe 14) en seun (12) by hom en sy vrou in die woonwapark kom woon het. Die pa, wie se naam weerhou word om die kinders se identiteit te beskerm, het sy dogter meermale verkrag en seksueel aangerand.

Hy het ook sy kinders gedwing om gereeld drank te misbruik. Die kinders is uit die sorg van die ouers geneem nadat die dogter ’n vriendin by die skool in haar vertroue geneem het.

OFM Nuus/Charné van der Merwe  mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.