On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Kovsie in Bloemfontein doodgesteek

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:00 Thu, 09 May 2024

Kovsie in Bloemfontein doodgesteek | News Article

“’n Patrollievoertuig is uitgestuur en by aankoms is die liggaam van ’n man, met ’n steekwond aan die linkerkant van die nek en ’n geswelde lip, gevind.”

Die Vrystaatse polisie versoek die publiek om te help met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes wat ’n student, van die Universiteit van die Vrystaat, in Bloemfontein doodgesteek het.

Die voorval het Sondag (5/5) plaasgevind. Die Kovsie-student (19), oorspronklik van KwaZulu-Natal, is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die oorledene en ander was van studenteverblyf in King Edwardweg op pad om ’n taxi na Universitas te soek, sê Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, toe ’n groep onbekende mans hulle aangeval het. Hulle is van hul besittings, insluitende selfone, beroof en die aanval het plaasgevind.

“Die polisie by Parkweg het Sondag, in die vroeë oggendure, ’n klag van King Edwardweg in Willows ontvang. ’n Patrollievoertuig is uitgestuur en by aankoms is die liggaam van ’n man, met ’n steekwond aan die linkerkant van die nek en ’n geswelde lip, gevind.”

In Junie 2023 is ’n man (28) in hegtenis geneem nadat ’n student (20) in Bloemfontein gevind is waar hy in ’n plas bloed by studenteverblyf in Universitas gelê het. Ná die voorval het studente hul frustrasie op sosialemediaplatforms uitgespreek oor die voortdurende en tallose rooftogte en inbrake in die gebied.

Twee jaar gelede is ’n soektog van stapel gestuur ná ’n gewapende roof wat gelei het tot die dood van ’n student van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein. 

Die voorval het in 2022 plaasgevind toe twee studente, wat afkomstig was van Qonce (King William’s Town in die Oos-Kaap) deur verdagtes op die hoek van John Knox- en Calvynstraat in Universitas aangeval is.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.