On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

‘Stop, wag, bly nog ’n bietjie’ vra Brendan vir Janae

───   09:47 Fri, 05 Apr 2024

‘Stop, wag, bly nog ’n bietjie’ vra Brendan vir Janae | News Article
Brenda Peyer. Foto: Op my eish!

“Ná maande se intense mededinging vir die sanger Brendan Peyer se hart in die werklikheidsprogram ‘Op my eish’, het hy uiteindelik sy keuse uit die 16 deelnemers gemaak.”

“Ná maande se intense mededinging vir die sanger Brendan Peyer se hart op die werklikheidsprogram ‘Op my eish’, het hy uiteindelik sy keuse uit die 16 deelnemers gemaak.”

In Donderdagaand se tweede laaste aflewering van die reeks het hy vir Janae Stander (22), ‘n modestudent van Potchefstroom, gekies. Brendan het vir Rachelle Fourie en Katja Pieter huis toe gestuur.


Maar die vraag op almal se lippe: “Is Brendan en Janae nog saam?”

In ’n spesiale reünie-episode van Op my eish!, wat op 11 April 2024 eksklusief op kykNET uitgesaai word, aangebied deur Jo Black, beloof die episode om te delf in die gebeure van die afgelope vyf maande sedert die verfilming afgehandel is.


Hoewel die meeste van die deelnemers by die reünie sal wees, insluitend die toptwaalf en twee wild cards, sal Christine Kirkcaldy, een van die deelnemers, dit ongelukkig nie kan dit bywoon nie.

Kykers sal meer oor Brendan en Janae se verhoudingstatus leer, asook of daar enige romantiese ontwikkelings vir die ander deelnemers is. Sommige van die deelnemers sal ook hul ervaring deel.

In 'n mediaverklaring het Janae gesê sy voel sy het baie gegroei deur die reis.


“Dit was nie net ’n reis om liefde te vind nie, maar ook ’n reis waarop ek introspeksie gedoen het en my verhouding met die Here versterk het. Dinge het partykeer onseker gevoel en daarom was dit vir my belangrik om te bly glo aan Jesus se plan.”

Volgens Brendan sal hy nooit dié ervaring vergeet nie. “Ek het amazing mense tydens verfilming ontmoet en is opgewonde om te sien wat nog voorlê. My EP (kort-album) ‘Omdat jy mag’, word Vrydag (5 April 2024) vrygestel, en ek kan nie wag om te hoor wat almal daarvan dink nie.”

Is Brendan en die dames gereed om  mekaar weer te sien? Moenie die reünie-episode misloop nie.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.