On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Riebeeckstad-busramp: Vrystaatse premier lewer huldeblyk by gedenkdiens

───   HEIDRÈ MALGAS 15:54 Wed, 14 Feb 2024

Riebeeckstad-busramp: Vrystaatse premier lewer huldeblyk by gedenkdiens  | News Article
Die gedenkdiens van ses leerders van die Hoërskool Riebeeckstad. Foto verskaf

“Meer as ’n duisend mense, onder wie leerders, ouers, onderwysers, lede van die Provinsiale Uitvoerende Raad, burgemeesters en onderwysbelanghebbendes sal na verwagting die gedenkdiens bywoon.”

Die Vrystaatse premier sal Donderdag (15/2) die huldeblyk lewer tydens die gedenkdiens van ses leerders van die Hoërskool Riebeeckstad wat dood is in ’n busongeluk.

Volgens Palesa Chubisi, woordvoerder van Mxolisi Dukwana se kantoor, het die ongeluk op Dinsdag 6 Februraie op die R70 tussen Senekal en Ventersburg gebeur. “Ses leerders is op die toneel dood, terwyl ander ernstige tot matige beserings opgedoen het en na verskillende hospitale geneem is,” sê sy.

OFM Nuus het vroeër berig 58 leerders het teruggekeer van ’n sportbyeenkoms vir meisies toe die ongeluk plaasgevind het. Hulle het gereis van ’n buitenshuise sportbyeenkoms in Moolmanshoek naby Rosendal na Riebeeckstad in Welkom.

Ontstelde ouers van die leerders wat in die busongeluk betrokke was, glo die tragedie kon voorkom gewees het.

Een van hulle, wie se dogter in die ongeluk beseer is, het aan OFM Nuus gesê dieselfde groep gr. 8-leerders het die Maandag langs die pad gesit nadat ’n band gebars het. Didah Motaung sê haar dogter het vir haar ’n video gestuur van die gebarste band wat hul rit na die kamp by Moolmanshoek in die Oos-Vrystaat onderbreek het.

Chubisi sê meer as ’n duisend mense, onder wie leerders, ouers, onderwysers, lede van die Provinsiale Uitvoerende Raad, burgemeesters en belanghebbendes in onderwyskringe sal na verwagting die gedenkdiens bywoon.

OFM Nuus/Heidré Malgas cg/dgcg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.