Central SA
Noord-Kaap kry nuwe DA-wetgewerlid─── 12:50 Mon, 12 Feb 2024
“Sy is ook passievol oor die opheffing van gemeenskappe, die aanpak van geslagsgeweld en meedoënloos in haar strewe na die waarheid.”
’n Nuwe DA-lid is ingehuldig in die Noord-Kaapse Wetgewer. Sy vervang Grantham Steenkamp nadat Steenkamp se aansoek – om die beëindiging van sy lidmaatskap by die DA en die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer te laat hersien – in die Hooggeregshof in Kimberley van die hand gewys is.
Kgomotso Charity Mohapanele is die afgelope week deur speaker Newrene Klaaste ingesweer.
DA provinsiale voorsitter, Isak Fritz, en DA-LPW Kgomotso Charity Mohapanele. Foto verskaf
Isak Fritz, DA provinsiale voorsitter, het gesê Mohapanele se opvoeding is in die politiek gegrond. “Sy is ’n gesoute politikus met ondervinding in plaaslike regering nadat sy as raadslid in die Sol Plaatje-munisipaliteit gedien het. Sy is ook passievol oor die opheffing van gemeenskappe, die aanpak van geslagsgeweld en meedoënloos in haar strewe na die waarheid,” het Fritz gesê.
Mohapanele was voorheen ’n DA-berader in die Sol Plaatje-munisipaliteit. Sy sluit nou by die ander lede van die party in die wetgewer aan. Die DA het 8 lede vergeleke met die ANC se 18.