On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Mediclinic Bloemfontein verwelkom nuwe hospitaalbestuurder

───   ELSABÉ DE JAGER 13:37 Thu, 01 Feb 2024

Mediclinic Bloemfontein verwelkom nuwe hospitaalbestuurder | News Article
Carol Defty, nuwe hospitaalbestuurder van Mediclinic Bloemfontein. Foto verskaf

“Kollegas beskou haar as ’n dinamiese leier wie se kennis en ondervinding haar nommerpas maak om die hospitaalpersoneel te lei.”

Hoewel groot kommer bestaan by baie mense oor die gesondheidsorgdienste, het Suid-Afrika steeds van die beste medici en verpleegpersoneel.

Dit is Donderdag (1/2) die gerusstellende boodskap van Carol Defty, nuwe hospitaalbestuurder van Mediclinic Bloemfontein, op haar eerste dag in die nuwe amp. Sy volg Carl Buhrmann op nadat hy die pos van 2006 tot 2023 beklee het.

Defty, wat haar loopbaan in 1993 as apteekbestuurder van Mediclinic Milnerton in die Kaap begin het, sê dis vir haar ’n voorreg om voortaan die span by Mediclinic Bloemfontein te lei.

Daar is altyd ’n helpende hand van verpleegpersoneel in moeilike tye. Foto: Facebook

Die Mediclinic-groep bestaan uit 47 hospitale en 14 dagklinieke landwyd, asook drie private hospitale in Namibië. Mediclinic Bloemfontein het sy deure in Julie 1990 geopen en is die grootste hospitaal in dié groep.

Defty was Milnerton se hospitaalbestuurder van 2003 tot 2012, waarna sy die leisels oorgeneem het by Mediclinic Cape Gate in Kaapstad se noordelike voorstede. Kollegas beskou haar as ’n dinamiese leier wie se kennis en ondervinding haar nommerpas maak om die hospitaalpersoneel te lei.

Mediclinic Bloemfontein het in 1990 sy deure geopen. Foto: Facebook

Elke dokter en verpleegster wat met so ’n groot passie na hul pasiënte omsien, lê Defty na aan die hart. Vir haar bly dit van die grootste belang om die gemeenskap na die beste van haar vermoë te dien en om dit kostedoeltreffend te doen, wat sal bydra tot die effektiewe onderhoud van private gesondheidsorg in Suid-Afrika.

OFM Nuus/Elsabé de Jager dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.