Central SA
Polisie ondersoek nog verdrinkings by rivier in Barkly-Wes─── ZENANDE MPAME 14:13 Tue, 30 Jan 2024
“Lykskouings sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.”
Die polisie in Barkly-Wes in die Noord-Kaap ondersoek die omstandighede wat gelei het tot die verdrinking van twee tradisionele genesers Woensdag (24/1). Dit is die tweede keer in ’n week wat mense in die gebied verdrink het.
Daar word beweer dat ’n groep tradisionele genesers Saterdag (27/1) hul rituele in ’n rivier naby Barkley-Wes uitgevoer het. ’n 25-jarige vrou en ’n 35-jarige man was deel van hierdie groep. Die ander tradisionele genesers het probeer om hulle te red, maar hulle kon nie.
“Paramedici het hulle op die toneel dood verklaar. Lykskouings sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.” sê Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Alle verdrinkings moet by die polisie aangemeld word. Foto: SAPD
Die polisie se veiligheidswenke om verdrinking te voorkom:
- As dit te warm is, moet kinders nie in kanale en rioolaanlegte probeer afkoel nie want dit is gevaarlik.
- Ouers moet altyd weet waar hul kinders is.
- Bly weg van swembaddreine, watergate, riviere en damme.
- Moet nooit swem wanneer jy onder die invloed van alkohol, sterk medikasie of dwelms is nie.
- Moet nooit in die water spring om iemand te red nie.
- Verdrinkings moet by die polisie aangemeld word omdat riviere en damme gevaarlik is weens stortreën in sommige dele van die provinsie.
- As iemand besig is om te verdrink bel die naaste polisiekantoor en gee die presiese ligging sodat hulle vinnig hulp kan stuur.
“Die polisie is voortdurend besig om die publiek op sosiale media in te lig oor waterveiligheid,” sê Sam. “Ons ondersoek die omstandighede wat tot hierdie verdrinkings gelei het.”
OFM Nuus/Zenande Mpame dg/cg