On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Oscar Pistorius se gemeenskapswerk in gemeente blote bespiegeling

───   ELSABÉ DE JAGER 08:00 Mon, 15 Jan 2024

Oscar Pistorius se gemeenskapswerk in gemeente blote bespiegeling | News Article
Ná byna 11 jaar in die gevangenis, wag ’n lewe vol nuwe uitdagings op Oscar Pistorius. Foto: Facebook

“Sy gebed is dat daar deurentyd op dié hartseerpad vir albei partye heling sal geskied.”

Heelwat gerugte oor gemeenskapswerk wat Oscar Pistorius in die NG Gemeente Waterkloof gaan verrig, berus op spekulasie.

Pistorius is Vrydag 5 Januarie op parool vrygelaat nadat hy elf jaar gevangenisstraf uitgedien het vir die moord op sy meisie Reeva Steenkamp.

In reaksie op mediaberigte stel ds. Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, dit duidelik dat ds. Bernice Serfontein, predikant van die NG Gemeente Waterkloof, nie bereid is om kommentaar oor dié moontlikheid te lewer nie. Dit is ’n plaaslike gemeente wat hul eie besluite in die Pistorius-geval sal neem.

Vir June en wyle Barry Steenkamp was die afgelope jare sedert Reeva se dood, ’n pad van verlies en hartseer. Foto: Facebook

Gevra of Pistorius ’n lidmaat van ’n gemeente sal moet wees om gemeenskapswerk te doen, meen Lubbe dit sal sinvol wees. Gegewe die omstandighede van die afgelope tien jaar in sy lewe is dit van groot belang dat Pistorius ondersteuning van die gemeenskap sal ontvang.

Om begeleiding in sy eie gemeente te ontvang, kan help met sy helingsproses. Die aard van sy gemeenskapsdiens sal ook afhang van die behoefte en besluite geneem deur die plaaslike gemeente. “Enigiemand, met ’n geloofsoortuiging wat bely dat hy in Jesus Christus glo, ongeag persoonlike omstandighede of agtergrond, is welkom om lidmaat van ’n gemeente te word.”

Lubbe sê die ontsaglike hartseer en verlies van die Steenkamp-familie mag nooit buite rekening gelaat word nie. Sy gebed is dat daar deurentyd op dié hartseerpad vir albei partye heling sal geskied.

OFM Nuus/Elsabé de Jager cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.