Central SA
Geliefde onderwyseres van Jim Fouché oorlede─── 08:44 Mon, 01 Jan 2024
"Die hele JF-gemeenskap treur saam met haar ouers, kinders, familie en vriende."
Karlien van der Merwe (49), ’n onderwyseres van die Hoërskool Jim Fouché, is die afgelope naweek oorlede.
“Daar is nie genoeg woorde om die hartseer oor haar skielike afsterwe te deel nie,” sê die skool in ’n huldeblyk op sy Facebookblad. “Die hele JF-gemeenskap treur saam met haar ouers, kinders, familie en vriende. Die hartseer is oorweldigend.”
Kollegas en leerlinge het ook hulde aan haar gebring.
‘Al die pyn en hartseer is nou verby’
“My hart is baie seer oor hierdie pragtige vrou, oudkollega, vriendin. Al die pyn en hartseer is nou verby. Rus sag in ons Vader se teenwoordigheid, liefste Karlien!” sê Eleanor Smit.
“Sy was die beste juffrou, het altyd die ekstra myl gestap vir die kinders. Gaan jou mis juffrou. Rus sag. My hart is seer saam julle. Sterkte aan haar familie, vriende en kollegas en elke skolier. Sy was baie geliefd,” sê Marisa Klopper Pietersen.
“Rus in vrede Karlien. Ons innige simpatie aan haar kinders, familie, vriende, asook haar JF-familie. Dit was ’n voorreg om haar as kollega en vriendin te kon ken. Baie sterkte aan julle elkeen,” sê Carina van der Merwe.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.
OFM Nuus dg