Central SA
LED-ligte kan jou 15% bespaar op elektrisiteit─── KEKELETSO MOSEBETSI 12:47 Wed, 15 Nov 2023

“Om na LED-ligte oor te skakel kan jou tot 15% op jou elektrisiteitsrekening bespaar – R115 op ’n rekening van R1 000.”
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Energie-ontwikkelingsinstituut (Sanedi) moedig verbruikers aan om hul gedrag te verander ten opsigte van die gebruik van elektrisiteit tuis.
In ’n onderhoud met OFM Nuus het dr. Karen Surridge van Sanedi, verbruikers aangespoor om LED-ligte in hul huis te begin gebruik om krag te bespaar en hul rekening te verlaag. Sy sê om na LED-ligte oor te skakel kan jou tot 15% op jou elektrisiteitsrekening bespaar – R115 op ’n rekening van R1 000. Die afskakeling van ligte wat onnodig brand en sensors op buiteligte is nog besparingsmaatreëls.
Verbruikers moet anders begin dink oor hoe hulle elektrisiteit gebruik. Foto verskaf
Surridge sê met dié dat alles daagliks duurder word, sal dit help as huishoudings, ondernemings en nywerhede hul kragbehoeftes bestuur. Dit sal die druk op die elektrisiteitsnetwerk verlaag, veral omdat beurtkrag steeds met ons is.
“Om al jou ligte met LED's te vervang sal die gehalte en hoeveelheid lig in jou huis verander en jou geld bespaar. LED's hou tot 50 000 uur, gelyk aan 17 jaar teen agt uur per dag, vergeleke met duisend uur van ’n deursnee-gloeilamp wat slegs vier maande hou.”
Sy sê mense wat in informele nedersettings bly, kan ook hul gloeilampe met LED’s vervang wat beter lig sal verskaf. “LED's word ook nie so warm soos gewone gloeilampe nie wat dit baie veiliger maak vir kinders. Surridge sê sy het as kind baie seer met ’n gloeilamp gebrand.
OFM News/Kekeletso Mosebetsi Daphné/Corné