On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Mev. Heelal Suid-Afrika: Vrystaatse vrou een van toptien-finaliste

───   HEIDRÈ MALGAS 14:30 Tue, 31 Oct 2023

Mev. Heelal Suid-Afrika: Vrystaatse vrou een van toptien-finaliste | News Article
Adéle Fourie van Bethlehem. Foto verskaf

“Hulle het my baie vrae gevra oor myself, asook wat ek dink die oplossing vir gesinsgeweld is.”

Adéle Fourie van Bethlehem is aangewys as een van die toptien-finaliste vir die 2024 Mev. Heelal Suid-Afrika.

Die geleentheid is op 28 Oktober by die Balaika-hotel in Sandton gehou waar hulle eerste in hul swemdrag beoordeel is. 

Adéle Fourie van Bethlehem (heel links) is baie opgewonde om een van die toptien-finaliste te wees. Foto verskaf

“Direk daarna moes ek aantrek vir my formele onderhoud met die beoordelaars. Hulle het my baie vrae gevra oor myself, asook wat ek dink die oplossing vir gesinsgeweld is,” sê Fourie. 

Mev. Heelal Suid-Afrika is ’n skoonheidskompetisie waaraan getroude en geskeide vroue, asook weduwees kan deelneem. Hulle is sakevroue en entrepreneurs van Suid-Afrika wat graag 'n verskil wil maak in die bekamping van gesinsgeweld, asook mishandeling van vroue en kinders. 

Die wenner sal Suid-Afrika in Maart in Amerika gaan verteenwoordig in die Mev. Heelal-kompetisie.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.