On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Motoriste in die Vrystaat kan lang tye wag weens verskeie padwerke

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:00 Mon, 16 Dec 2024

Motoriste in die Vrystaat kan lang tye wag weens verskeie padwerke | News Article
Verskeie paaie in die Vrystaat word herstel. Foto verskaf

Motoriste wat reis tussen Jacobsdal en Koffiefontein in die Vrystaat word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik weens padwerke.

Hillary Mophete, woordvoerder van die Vrystaatse departement vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, het die padwerke bevestig en sê dit is in belang van openbare veiligheid.

“Daar is nog geen merke op die pad nie en ons vra motoriste om padtekens na te kom en alternatiewe roetes te gebruik soos aangedui.”

Die projek het tot werkskepping vir 700 plaaslike mense gelei. Die padwerke op die pad tussen die twee dorpe sal na verwagting teen 2026 voltooi wees.

Mophete sê die projek is deel van ’n groter provinsiale plan om infrastruktuur te verbeter. Dit sluit in verskeie ander noodsaaklike projekte in die Vrystaat. MaQueen Letsoha-Mathae, gewese LUR vir die departement, het voorheen genoem dat oorstromings groot skade aan paaie in die provinisie aangerig het. 

Van die paaie wat die meeste beskadig is:

  • R30: Nyakallong na Allanridge
  • R711: Fouriesburg na Clarens
  • R74: Harrismith na Oliviershoekpas
  • R26: Clocolan na Ficksburg
  • R59: Viljoenskroon
  • S56: Memel na Verkykerskop
  • S67: Ficksburg na Harmonia na Senekal
  • S344: Fouriesburg na R26.

Die huidige padwerke sluit in:

  • R707: Lindley na Senekal sal na verwagting in Augustus 2025 voltooi word.
  • R57: Heilbron na Sasolburg. Stop-en-ry-beheerstelsels is van toepassing en sal teen einde volgende jaar klaar wees.
  • R70: Ficksburg vir 12 km met ’n wagtyd van 20 minute.
  • N8: Tweespruit na Thaba Nchu se konstruksiewerk sal nog tot volgende jaar duur.
  • R726: Sterkspruit na Zastron. Dit sal in Mei afgehandel wees.

Motoriste word gevra om hul roetes deeglik te beplan om vertragings te voorkom weens ompaaie en stop-en-ry-beheerstelsels. Die wagtydperk op sekere roetes is van 30 minute tot 40 minute. Padgebruikers moet ook hou by die spoedbeperkings.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.