On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

5 dood in twee skietvoorvalle in Bloemfontein

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:04 Mon, 30 Oct 2023

5 dood in twee skietvoorvalle in Bloemfontein | News Article
Die Vrystaatse polisie en Mangaung-owerhede is by die stortingsterrein in die suide teenwoordig. Foto: SAPS

"Drie mans is dood en tien patrone is op die toneel gekry."

Die polisie in die Vrystaat is op soek na verdagtes wat vyf mans in Bloemfontein doodgeskiet het. Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die een skietvoorval het Saterdag (28/10) naby die R702-pad in Dinaweng plaasgevind. Hy sê die polisie het omstreeks 22:30 drie lyke van mans tussen 26 en 37 jaar in ’n groen Ford ontdek. Die mans het na die Wêreldbeker-eindstryd gekyk en het uitgegaan om nog brandstof vir ’n kragopwekker te koop.

Polisie fynkam die moordtoneel by die suidelike stortingsterrein in Bloemfontein. Foto: SAPD

Op pad terug is hulle deur onbekende mans geskiet en drie mans is dood, een is beseer, terwyl die ander een ongedeerd is. Covane sê tien patrone is op die toneel gekry.

In die ander voorval by dié stortingsterrein is twee mans doodgeskiet wat in onwettige strukture gebly het. Hulle is geïdentifiseer as Thabo Malebo en Lesenyeho Mokhele.

Die polisie is op soek na vier gewapende mans en vra enigeen met meer inligting om die Stop Misdaadnommer 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor te bel.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.