Central SA
Sentraal-Suid-Afrika staan bankvas agter die Bokke─── HEIDRÈ MALGAS 12:09 Fri, 27 Oct 2023

“Ek dink die Springbokke het die afgelope twee weke bewys waartoe hulle in staat is, so my geld is op die Bokke."
Die Springbokke is op koers na die langverwagte Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks. Suid-Afrikaners staan trots en bankvas agter die Springbokke in hul groen-en-goud.
OFM se luisteraars is terselfdertyd opgewonde en senuagtig en die gevoel is die Springbokke se teenwoordigheid in die eindstryd sal ons as nasie verenig en trots maak te midde van alles wat in die land aangaan.
Rafael Swartz sê hierdie wedstryd is 'n stryd tussen twee groot rugbylande – ’n botsing van die reuse, as ’n mens dit so kan noem. “Ek dink die Springbokke het die afgelope twee weke bewys waartoe hulle in staat is, so my geld is op die Bokke," sê hy.
Annemarie van Wyk sê sy wil baie graag hê die Bokke moet wen want sy is ’n trotse Suid-Afrikaner en ’n groot rugbyliefhebber. “Die Bokke hou ons heeltyd op ons tone totdat die wedstryd met een punt gewen word,” sê sy.
"Daar is so baie lelikheid in Suid-Afrika en tans is die enigste mooi wat ons as Suid-Afrikaners saambring, die Springbokke. As 'n Suid-Afrikaner kan jy nie anders as om voluit agter die Bokke te staan nie," sê Nicole Drude.
Mahareng Publishing se span is gereed vir die Bokke en All Blacks se eindstryd. Foto: Heidré Malgas
Go Bokke! Foto verskaf
Go Bokke! Foto verskaf
Go Bokke! Foto verskaf