On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-premier beloof om korrupsie te takel

───   LUCKY NKUYANE 10:34 Mon, 09 Oct 2023

Noordwes-premier beloof om korrupsie te takel | News Article
Nono Maloyi, die waarnemende Premier in Noordwes, bevestig stryd teen korrupsie. Foto verskaf

“Ons is siek en sat daarvan om net oor misdaad en korrupsie te praat en niks word daaraan gedoen nie.”

Nono Maloyi, die waarnemende premier in Noordwes, beloof om die stryd teen bedrog en korrupsie op alle fronte in die provinsiale regering voort te sit. 

Dit kom nadat verskeie staatsamptenare en diensverskaffers, wat deur die jare belastingbetalers se geld gebuit het, deur die Valke in hegtenis geneem is. Maloyi sê daar sal geen wegkruipplek vir misdadigers in Noordwes wees nie.

Die openbare gallery in Noordwes se wetgewer. Foto verskaf

"Mense wat misdaad en korrupsie gepleeg het, sal in hegtenis geneem word en tyd in die tronk deurbring. Ons is siek en sat daarvan om net oor misdaad en korrupsie te praat en niks word daaraan gedoen nie. Soos reeds gesien, werk ons nou saam met verskeie wetstoepassingsagentskappe om misdadigheid in ons provinsie met beslistheid te hanteer,” sê hy.

OFM Nuus het vroeër berig dat ’n vermeende reeksoortreder, Patrick Shikwane, betrek word by ’n massiewe plundering van staatsfondse waarin hy daarvan beskuldig word dat hy R2 miljoen vir twee skootrekenaars betaal het, R10 miljoen aan ’n maatskappy betaal het wat gesellighede reël, maar nie ’n adres het nie, R359 000 vir middagete en vervoer van raadslede betaal het om ’n daglange wykskomiteevergadering by te woon, en R299 000 vir 60 kospakkies betaal het.


Maloyi sal ook geroep word om voor die provinsiale wetgewerkomitee te verskyn weens ’n rits strafsake in die provinsie.

Job Dliso, die voorsitter van die komitee oor openbare rekeninge by die wetgewer, Job Dliso, het voorheen aan OFM Nuus gesê die komitee beoog om die Premierskantoor, wat deur waarnemende premier, Nono Maloyi, beset word, te roep om voor die komitee te verskyn.

Dliso sê hulle wil hê die premierskantoor moet hulle op hoogte bring oor verskeie sake wat by wetstoepassingsagentskappe geregistreer is, waarin miljoene rande na bewering oor etlike jare deur amptenare en diensverskaffers gebuit is.

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.