Central SA
‘Dit is nie haatspraak’ – EFF─── LUCKY NKUYANE 14:00 Tue, 05 Sep 2023
Die EFF en AfriForum het mekaar vandag in die appèlhof in Bloemfontein die stryd aangesê oor dié struggle-lied.
Die EFF volstaan die sing van “Kill the Boer” moet nie letterlik opgeneem word nie. Die party en AfriForum het mekaar vandag in die appèlhof in Bloemfontein die stryd aangesê oor dié struggle-lied. AfriForum vra die gelykheidshof se uitspraak dat dit nie haatspraak is nie, moet omgekeer word.
Adv. Jeremy Gauntlett (SC), AfriForum se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê dat die gelykheidshof fouteer het in sy beslissing ten gunste van die EFF. Hy sê weens die prominensie van Julius Malema as die EFF-leier moes dit op hoë vlak ondersoek word in plaas daarvan om dit vanweë sy politieke status vry te stel. Dit was haatspraak en is duidelik bedoel om geweld aan te blaas.
Die Vryemarkstigting het as vriende van die hof by AfriForum se hofverrigtinge aangesluit. Foto: SABC/Aphumelele Mdlalane
Martin van Staden, hoof van beleid van die Vryemarkstigting, wat as vriende van die hof by die hofverrigtinge aangesluit het, sê die gelykheidshof se uitspraak ondermyn die beginsel van gelykheid voor die reg, omdat daar die afgelope paar jaar minder prominente individue was wat beboet is of tronkstraf gekry het vir sulke uitlatings.
“Dit is nie reg dat politici soos Julius Malema daarmee weg kom nadat hulle doelbewus geweld aangehits en vir massamoorde pleit nie, terwyl gewone burgers baie strenger behandel word.”
Uitspraak word voorbehou.
OFM Nuus