On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Hoërskool Jim Fouché Trompoppieklub is nou wêreldkampioen

───   HEIDRÈ MALGAS 13:54 Thu, 31 Aug 2023

Hoërskool Jim Fouché Trompoppieklub is nou wêreldkampioen | News Article
Van links is Kay-leigh Liddle, Leanne Hanekom, Onalerona Loate, Mariska Nortje, Dezrie van Dyk en Monique van der Merwe. Foto verskaf

“In die JF Drummie Klub is elke meisie belangrik en daar word geleenthede gebied aan iemand wat dalk nie op ander sportgebiede presteer nie.”

Ná die wen van die Mini-Mix-roetine in ’n wêreldkampioenskap in Kroasië, is ’n groep van ses meisies van die Hoërskool Jim Fouché se trompoppieklub in Bloemfontein die wêreldkampioen.

Helené Bakkes, afrigter, sê dit voel onwerklik. “Ek dink nie dit het regtig al ingeskop by enigeen van ons nie.”

Die ses trompoppies van die Hoërskool Jim Fouché se trompoppieklub in Bloemfontein saam met Helené Bakkes, hul afrigter. Foto: Verskaf

Die voorbereidings begin vroeg in die jaar vir hul nasionale kampioenskap. Daarna is dit beplanning vir nuwe roetines, nuwe musiek en ure se oefen.

Sy sê vir die span was die grootste uitdaging die hitte – dit was maklik 42 °C in Opatija. Ander uitdagings was min slaap en roetines wat onder geweldige druk onthou moes word. 

“In die JF Drummie Klub is elke meisie belangrik en geleenthede word gebied aan iemand wat dalk nie op ander sportgebiede presteer nie. Elkeen is ook toegewyd en wil graag hard werk om sukses te behaal. Daar is ook ‘n sterk ondersteuningsspan wat die klub aan die gang hou,” sê sy.

Die Wêreldkampioenskap is van 24 - 27 Augustus in Opatija in Kroasië gehou. Foto:  Verskaf

Nie al die meisies is leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché nie. Daar is ook 'n oudleerling van die skool, 'n leerling van die Hoër Meisieskool Oranje en een van Curro Private Skool in Bloemfontein.

“Ons grootste doel is om meer lede te werf sodat ons as ’n span kan groei en nog meer kinders die geleentheid kan bied om op provinsiale en nasionale vlak te presteer. 

“Die skool onder leiding van mnr. Henri Wilken, ondersteun ons trompoppies al vir jare en motiveer elke meisie deur erkenning. Dit is lekker as jou skool en personeel saam aan elkeen se sukses werk.”  

Die beste deel vir haar was om elkeen se gesig te sien toe die uitslae gelees word. Die absolute ekstase en ongeloof! 


OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.