On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

‘Skenk jou organe om lewens te red’

───   DANE BEISHEIM 09:08 Tue, 15 Aug 2023

‘Skenk jou organe om lewens te red’ | News Article
Stella de Kock ontvang die afgelope 12 jaar, drie keer per week vir vier uur op 'n slag dialise. Foto verskaf

Augustus is Nasionale Orgaan-en-weefselbewustheidsmaand in Suid-Afrika.

In die lig hiervan wil Stella de Kock, besturende direkteur van Transplant Education for Living Legacies (TELL), die gesprek rondom oorplanting opskerp. “Deur vir jou gesin te sê jy wil eendag ’n orgaanskenker wees, het jy die mag om verskeie lewens te red en ’n erfenis van hoop na te laat.

“Kom ons staan saam as ’n land om bewustheid te skep oor die belangrikheid van orgaanskenking, sodat ons hindernisse kan afbreek wat verhoed dat behoeftiges ’n tweede kans op lewe kry.”

Jordan Barber. Foto: www.diabetessa.org.za

Jordan Barber van Bloemfontein het in Februarie 2018 ’n nieroorplanting ontvang nadat hy vier en ’n half jaar op die waglys was.

“Maak jou voornemens om ‘n orgaanskenker te word bekend, deel jou wense met jou naastes, en teken aan om ’n orgaanskenker te word. Jy weet nooit wanneer jy dalk 'n lewensnoodsaaklike orgaanoorplanting nodig het nie. Orgaanskenking red lewens!” sê Barber.

Hy raai pasiënte op die waglys aan om so gesond moontlik te bly “sodat jy altyd ’n geskikte kandidaat sal bly wanneer jy die oproep ontvang. Moet nooit moed opgee dat die oproep sal kom wanneer jy dit die minste verwag nie!”

Vir nog inligting oor orgaan- en weefselskenking, besoek TELL se sosiale media-bladsye @tellorgza, of webwerf by tell.org.za of stuur ‘n e-pos na info@tell.org.za

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.