On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

DA-leier John Steenhuisen besoek die Vrystaat

───   TSHEHLA KOTELI 11:23 Mon, 07 Aug 2023

DA-leier John Steenhuisen besoek die Vrystaat | News Article
DA Leader John Steenhuisen. Photo: Facebook

DA-leier John Steenhuisen sal van Dinsdag (8/8) tot Vrydag (11/08) verskeie dorpe in die Vrystaat besoek.

Die doel is om na burgerlike gemeenskapsgroepe en georganiseerde gemeenskappe uit te reik, wat die DA meen ’n belangrike rol sal speel in die heropbou van Suid-Afrika as deel van ’n onderhandelde regering in 2024. 

Die eerste besoek is aan Frankfort, die dorp wat onder die Mafube-munisipaliteit val, wat as die beginpunt vir energie-onafhanklikheid van Eskom en Nersa geoormerk is.

Charity McCord, mediabeampte van Steenhuisen, sê die party se afvaardiging sal met Landelike Instandhouding vergader. “Daar sal ook oorsigbesoeke wees aan die onafhanklike kragproduserende infrastruktuur van die munisipaliteit.” Daar word gesê dat die munisipaliteit georganiseerde gemeenskappe verhinder om die onafhanklike kragproduserende infrastruktuur te gebruik om energie-onafhanklik te word.

DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn.

Tydens dié besoeke oor vier dae sal Steenhuisen deur die DA se Vrystaatse Provinsiale Leier, Roy Jankielsohn, die DA se Vrystaatse Provinsiale Voorsitter, Werner Horn, en openbare verteenwoordigers van die plaaslike DA vergesel word.

Ná Frankfort sal die afvaardiging Bethlehem besoek, waar hulle die beheersentrum van Landelike Veiligheid sal besoek. Steenhuisen lei Woensdag (9/8) ’n openbare vergadering by die Phuthaditjhaba Multi-Purpose Hall in Qwaqwa.


Provinsiale Voorsitter van die DA in die Vrystaat, Werner Horn.

Hulle sal Donderdag (10/8) verskeie skole in Welkom besoek. Hulle begin by Unitas Sekondêre Skool, dan Welkom Tegniese Hoërskool, en Goudveld Sekondêre Skool. Die party se laaste besoek in Welkom sal aan die Welkom Sakeforum, AfriForum, Belastingbetalersvereniging, boere-unies en die burgerregteorganisasies wees.

Steenhuisen beëindig sy Vrystaatse besoek op Vrydag (11/8) in Bloemfontein waar die party ’n konferensie sal aanbied om die Vrystaatse premierskandidaat by die Premier Splendid Inn-hotel aan te kondig.

OFM Nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.