Central SA
Verdagtes in hof verwag ná Harrismith-boer se moord─── ZENANDE MPAME 10:12 Wed, 26 Jul 2023
Die sewe verdagtes wat aangekeer is weens ’n plaasmoord in die Oos-Vrystaat kom na verwagting Donderdag (27/7) voor in die Tseseng-landdroshof in Qwaqwa.
Die vermeende moordenaars is Maandag (24/7) in hegtenis geneem nadat die Toyota Urban Cruiser van hul slagoffer, Mike Pattinson, by die Tseseng Village in Qwaqwa naby ’n sekere taverne gevind is met die hulp van Netstar.
LEES OOK: Sewe verdagtes in hegtenis geneem vir moord op Harrismith-boer
Die verdagtes het gevlug toe hulle besef hulle word deur die polisie agternagesit, maar al sewe, onder wie twee vroue, is in hegtenis geneem. Twee mense is in die skietery gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.
LEES OOK: Gemeenskap in rou ná moord op Vrystaatse boer
In reaksie op die moord sê Roy Jankielson, Vrystaatse DA-leier, die party is bekommerd oor veiligheid op die platteland in die algemeen, asook die toename in gewelddadige plaasaanvalle.
Die boer se liggaam is deur die polisie met oop wonde in ’n huis in Qwaqwa gevind en paramedici van die plaaslike mediese nooddienste het hom dood verklaar.